Winter skop met mening in
Haal uit die serpe, truie en komberse, want die winter is met mening hier. Sneeu het reeds gister oor Lesotho en dele van Suid-Afrika geval en nog sneeu word vir hierdie week voorspel. Die kwik sou vanoggend op baie plekke in die ooste en suidooste van Namibië tot vriespunt gedaal het. Die weerkantoor in Windhoek het 'n weerwaak uitgereik vir ryp wat in die suidelike, sentrale en oostelike dele van die land kan voorkom en versoek mense moet die nodige voorsorg te tref. Aan die kus sal dit egter warm wees, met bergwindtoestande wat verwag word. Dié foto is gister by Semonkong Lodge in Lesotho geneem en op die Facebookblad van Snow Report SA geplaas.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie