Winter en Reën
Daar was lank laas ‘n verwerking van ‘n ou treffer wat so opreg, suiwer en beeldskoon opgeneem is soos Christa Steyn se liedjie “Ek wil vir jou”.
Die uiters talentvolle Lizandra Winter en Joshua na die Reën roer die hartsnare en sorg vir ‘n emosiebelaaide weergawe van hierdie pragtige lied. Die liedjie, wat in Februarie aan radiostasies landswyd uitgereik is, word nou opgevolg met die musiekvideo en gaan beslis asems wegslaan.
In die musiekvideo is Lizandra en Joshua op twee verskillende plekke, maar dit is duidelik dat hulle op dieselfde grond is. Hulle sing elkeen vanuit ‘n plek van verlange met die smagting na die ander een se nabyheid, en hoewel hulle nooit vir mekaar kyk nie, is daar ‘n deel in die video waar hulle baie naby aan mekaar is en rug teen rug staan. Hierdie is ‘n metafoor vir hoe dinge soms in ‘n verhouding is. So naby, maar tog so ver . . .
“Soms, veral in die gejaag van ons daaglikse bestaan, kyk ons na mekaar sonder om mekaar raak te sien. Om weerloos voor iemand te wees is nie maklik nie, maar dit is in daardie plek van oorgee waar ons mekaar begin vind en waar lewe kan begin,” sê Lizandra.
Die video is op Gerhard en Nettie de Villiers se gasteplaas, Erfdeel, verfilm en deur Jean de Villiers van Daville Films vervaardig met addisionele materiaal deur Gustav Reyneke en Japie Kruger.
“Omdat hierdie lied regtig eerlik en rou is en ook ‘n tema van ontbloting aanspreek, wou ons graag iets eenvoudigs, dog treffend uitbeeld met die video. Ek hoop die video sal in sy eenvoud ‘n groot impak op mense se harte hê,” sê Lizandra. - Bron?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie