Winkels, banke skryf dalk miljarde se skuld af
Nuwe wetgewing in Suid-Afrika sal dit moeiliker vir lae inkomste groepe maak om lenings te kry.
Klerewinkels en banke kan gedwing word om meer as R11,6 miljard se skuld af te skryf indien die voorgestelde wysigings aan die Kredietwet in werking gestel word.
Die totale waarde van lenings wat afgeskryf kan word, is R20,7 miljard, luidens nuwe navorsing deur die konsultasiefirma Eighty20.
Die tesourie het ook sy stem gevoeg by 'n koor van stemme wat waarsku dié wetgewing kan veroorsaak dat mense in lae inkomstegroepe nóg moeiliker lenings kan kry. In vetdruk en onderstreep waarsku die tesourie dat kredietverskaffers se aptyt vir risiko gaan verlaag weens die wetgewing en dat dit die kleinhandelbedryf kan “destabiliseer”.
Arm mense kan as 't ware in die arms van ongereguleerde en onwettige kredietverskaffers gedryf word.
Die tesourie se voorlegging is ingehandig by die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid, wat die wetsontwerp voorstel.
Die wetsontwerp bepaal dat mense met 'n inkomste van minder as R7 500 per maand vir 'n nuwe konsep in die wet, naamlik “skuldverligting”, in aanmerking kom wanneer hulle nie meer hul skuld kan betaal nie.
Hul ongesekureerde skuld mag nie meer wees as R50 000 nie en hulle mag nie reeds in skuldberading wees nie.
Indien hul aansoek deur die Nasionale Verbruikerstribunaal toegestaan word, sal private instellings soos banke en klerewinkels gedwing word om hul skuld af te skryf.
Altesame 4,7 miljoen lenings behoort op die oomblik aan leners wat aan die kriteria voldoen sou hulle nie meer hul skuld kan bekostig nie, volgens Eighty20. Die navorsing is in opdrag van die tesourie gedoen.
Dit toon dat veral klerewinkels en instellings wat ongesekureerde krediet verskaf, blootgestel sal wees as die wetgewing deurgevoer word.
Volgens Eighty20 het 25,1 miljoen Suid-Afrikaners tans skuld. Dit is aansienlik meer as in 2008, toe 17,1 miljoen skuld gehad het.
Van hierdie 25,1 miljoen is net sowat die helfte (12,4 miljoen) se rekeninge nié agterstallig nie.
Mense raak vinniger agter met hul rekeninge by meubel- en klerewinkels en ander ongesekureerde skuld. Van hierdie rekeninge is tans onderskeidelik 46%, 41% en 41% uitstaande, teenoor net 4% van huisverbande en 5% van voertuigfinansiering.
Om te bereken hoeveel skuld moontlik afgeskryf sal moet word, het Eighty20 soos volg te werk gegaan:
• 9,2 miljoen mense voldoen aan al die kriteria, naamlik dat hulle minder as R7 500 per maand verdien, nie in skuldredding is nie en dat hul ongesekureerde skuld minder as R50 000 werd is;
• Hulle het altesame 16 miljoen lenings;
• 4,6 miljoen hiervan is drie maande of meer agterstallig;
• Die totale waarde van hierdie lenings is R20,7 miljard.
Volgens Eighty20 bly talle vrae oor skuld nog onbeantwoord en behoort dit oorweeg te word voordat die wetgewing deurgevoer word.
Van die ander kritiek wat die komitee al gehoor het, sluit in dat net kredietverskaffers in die private sektor gedwing gaan word om skuld af te skryf. Ander skuld, soos munisipale skuld, mediese skuld en studieskuld, is nie by die beoogde wysigings ingesluit nie.
Prof. Michelle Kelly-Louw, 'n kenner van insolvensiereg, sê as die regering werklik ernstig was oor skuldverligting, sou hy 'n manier gevind het om álle skuld deur een meganisme te laat afskryf, nie net sekere skuld nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie