Winkelreus: Werkers smaak oorwinning

Dissiplinêre proses laat vaar

13 August 2018 | Arbeid
Augetto Graig - Shoprite Namibia het Woensdag aangekondig die uitgerekte dissiplinêre proses teen hul werknemers, wat in 2015 gestaak het, is iets van die verlede.

Mnr. Paul Malan, die winkelgroep se afdelingsbestuurder vir Namibië, het dié nuus skriftelik aan mnr. Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), oorgedra.

Malan het gesê werknemers van Shoprite-winkels in Katutura, Lafrenz, Onafhanklikheidsrylaan in die middestad, Checkers in Academia en Checkers in Maerua Mall, wat by die stakings betrokke was, moet egter finale skriftelike waarskuwings aanvaar.

“Indien dié voorstel aanvaar word, sal die dissiplinêre verhore stopgesit word,” het hy geskryf.

Malan het ook gesê Shoprite het in 2016 reeds hierdie aanbod gemaak.

Maar die menseregteprokureur me. Uno Katjipuka sê hierdie aanbod is nie voorheen gemaak nie.

Haar firma behoort aan mnr. Nixon Marcus, leier van die Sentrum vir die Mense se Weerstand (CPR), wat dié verwikkeling as ’n oorwinning teen die reuse- Suid-Afrikaanse kettingwinkel beskryf het.

“Shoprite se werkers en die nasionale en internasionale arbeidsbeweging het vandag nog ’n belangrike oorwinning teen Shoprite behaal,” lees ’n nuusverklaring wat die sentrum uitgereik het.

“Slegs ’n paar dae ná die onttrekking van die hofsaak teen die werkers, en te midde onophoudelike druk, is Shoprite gedwing om hul dissiplinêre proses teen die werkers te staak,” lui die verklaring.

Shoprite was van plan om 93 werkers vir meer as N$4,5 miljoen se vergoeding vir skade, ’n verlies aan wins, en hul regskoste te dagvaar.

Dié eis is vroeër vandeesmaand laat vaar.

Volgens Marcus en die CPR sal die betrokke werkers die finale waarskuwings aanvaar om sodoende die dissiplinêre proses agter die rug te kry.

Dié proses was nie in die werkers óf Shoprite se beste belang nie, het Marcus gesê.

“Die werkers wil op die hoofredes vir 2015 se protesaksie fokus: Die verbetering van hul werksomstandighede, insluitend vergoeding en voordele, sodat hulle hul families kan ondersteun en goed kan leef. Dít is wat Shoprite voortdurend van hulle ontneem,” lees die verklaring.

Katjipuka het gesê Shoprite sal na verwagting vroeg volgende week met ’n plaaslike vakbond vergader om oor ’n erkenningsooreenkoms te onderhandel, wat uiteindelik tot onderhandelinge oor vergoeding, werksomstandighede en ander kwessies kan lei.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

5 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

5 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

6 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

17 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

17 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

17 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

17 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

17 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

17 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...