Winkel skenk aan minderbevoorregte kinders
'n Winkel op Tsumeb het nege bokse propvol skoene en klere aan die Tov-sentrum op die dorp geskenk. Tov is in 2001 deur eerw. Edward Amadhila gestig en het aanvanklik na drie kinders omgesien. Tot nou het meer as 230 kinders al daar skoolgegaan en deur die jare heen is meer as 2 500 etes is aan wees- en kwesbare kinders in die gemeenskap uitgedeel. In 2004 is begin bou aan die Tov meerdoelige sentrum waar ’n kleuterskool, preprimêre skool, kantore, na-skoolse programme, ’n voedingskema, rekenaaropleiding en inkomste genererende projekte gehuisves word. Van links is Ester, Penny, Sentia van Tov saam met mnr. Onesmus Kashuuvikwa en me. Petrina Nikodemus van ie winkelgroep, en ’n paar van die sentrum se kinders. Foto verskaf


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie