Winkel in puin gelê ná brand

Magic Discounters op Walvisbaai het vroeg gisteroggend afgebrand.
Leandrea Louw
Leandrea Louw op Walvisbaai – Magic Discounters se tak op Walvisbaai is gisteroggend heeltemal in 'n brand vernietig.

Die koste van die skade beloop na raming meer as N$1 miljoen.

Volgens die beskikbare inligting het die brand omstreeks 06:30 ontstaan en is dit omstreeks 10:30 onder beheer gebring.

Lede van die Walvisbaai-brandweer kon met die hulp van die Swakopmundse brandweer- en reddingsdienste, die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) sowel as die nooddienspersoneel van die Namibiese haweowerheid (Namport) die vlamme beveg en uiteindelik onder bedwang bring.

Duisende liters water is gebruik om die vlamme onder beheer te bring.

Die brandbestryders het maniere bedink om die brand vanuit die omliggende geboue te bestry.

Een brandbestryder op die toneel het gesê hulle kon nie die kans waag om die gebou binne te gaan nie, aangesien daar gewere, ammunisie en chemikalieë binne was.

Terwyl die vlamme gewoed het, het 'n onderonsie tussen die bestuurder van Magic Discounters en sy seun, mnre. Martin en Giandre Cordier, en die polisiebeamptes op die toneel ontstaan.

Wat presies tussen die betrokke partye gebeur het, is onduidelik, maar die twee mans is in hegtenis geneem.

Terwyl lede van die publiek op die polisie geskree het om die twee mans te laat gaan, het werknemers en familielede in ongeloof toegekyk hoe die duo in 'n polisievangwa gelaai word.

Die polisie se bevelvoerder van gemeenskap­sake in die Erongostreek, insp. Ileni Shapumba, wat ook op die toneel was, het gesê die voorval word ondersoek.

Nie een van die omliggende besighede is deur die brand geraak nie.

Me. Ronel Wasserfall van Wasserfall Funeral Services het gesê die brand het geen skade aan hul eiendom aangerig nie.

“Ek moet sê die gemeenskap van Walvisbaai is wonderlik. Hulle het my gehelp en binne 15 minute het al my kantoormeubels buite, oorkant die straat, gestaan. Ek is baie dankbaar.”

Ná die brand geblus is, het die omliggende besighede die groen lig gekry om te heropen.

Raadslid Deriou Benson het gesê baie maatskappye is afhanklik van Magic Discounters.

“Dit is 'n groot verlies, veral ook aan werksgeleent­hede.”

Volgens Shapumba is die oorsaak van die brand nog onbekend.

“Ons ondersoek die voorval en enige vordering sal later gekommunikeer word.”
[email protected]


FOTO
Die bestuurder van Magic Discounters, mnr. Martin Cordier, en sy seun word op die brandtoneel in hegtenis geneem. Foto’s Leandrea Louw

Brandbestryders bring die vlamme onder bedwang.

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.25 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.48 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.37/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.50/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 905.40/T DOWN -0.2% | Brent Crude Oil US$ 84.21/BBP DOWN -0.0009 | Platinum US$ 974.22/OZ UP +0.00% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.25 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.48 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.37/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.50/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 905.40/T DOWN -0.2% | Brent Crude Oil US$ 84.21/BBP DOWN -0.0009 | Platinum US$ 974.22/OZ UP +0.00%