Windhoekers op hol oor rowervideo
Die slagoffer van 'n rooftog waarvan die video tans wyd sirkuleer, waarsku ondernemers wat groot bedrae geld trek om op hul hoede te wees.
Ronelle Rademeyer
Die polisie was gistermiddag warm op die spoor van die voortvlugtende drie lede van die rowerbende van vyf wat Maandagoggend 'n Windhoekse sakeman in Suiderhof uit sy bakkie gepluk, rondgeruk, geskop en van N$64 500, wat in sy skootrekenaarsak was, beroof het.
Die kringtelevisie-video van dié voorval, omstreeks 10:00 in Andimba Toivo ya Toivostraat in Suiderhof, het intussen soos 'n veldbrand op Facebook en deur middel van WhatsApp versprei.
Mense spreek in die kommentaar hul kommer uit oor die toename in sulke misdade in Windhoek.
Die video wys hoe 'n silwerkleurige Toyota Corolla langs 'n wit Corsa-bakkie stilhou en hoe twee mans doodluiters uitklim en na die bakkie stap. Hulle sukkel eers om die deure oop te kry en slaag dan om die deur aan die bestuurderskant oop te maak.
'n Gestoei volg waarna 'n derde man uit die rowers se voertuig klim om te kom hand bysit.
Uiteindelik trek hulle die man in die bakkie uit sy voertuig. Hulle stoei weer met hom, waarna hy in die straat val en een van die rowers hom skop. Hulle klim dan terug in die voertuig en ry weg. Die man, wat intussen regop gekom het, probeer die linkeragterdeur oopmaak en hardloop 'n paar meter saam met die bewegende voertuig voordat hy weer neerval.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die polisie se hoof van openbare skakeling, sê die vermoede is dat die rowers die man agtervolg het nadat hy gaan geld trek het om sy werknemers te betaal.
Hy sê daar was vyf mans betrokke, waarvan twee dieselfde dag nog aangekeer is. Hulle is mnre. David Hangula (27) en Nautwima Jafet (30) van Oshakati.
“Dié twee het reeds in die hof (Windhoekse landdroshof) verskyn, waar borgtog geweier is en die saak tot 23 Januarie 2019 uitgestel is,” sê Kanguatjivi.
Die polisie kon N$12 920 van die gesteelde geld terugvind. Die sakeman se beursie is ook by een
die vermeende rowers gekry.
Die sakeman, wat nie geïdentifiseer wil word nie uit vrees vir weerwraak, het gister aan Republikein vertel hy het op die sypaadjie stilgehou om sy selfoon te beantwoord.
“Die bakkie se deure was gesluit, maar my venster was oop,” vertel die sakeman wat sê hy was op pad terug na sy werkplek nadat hy geld getrek het om sy werkers se lone te betaal.
“Alles het baie vinnig gebeur,” onthou hy. Volgens die video het dit in die bestek van een minuut gebeur.
Die middeljarige sakeman sê sy elmboë en knieë is beseer toe hy op die teer geval het, maar hy het gelukkig nie ander beserings opgedoen nie.
Hy waarsku ander eienaars van sakeondernemings wat van tyd tot tyd groot bedrae geld trek, om op hul hoede te wees.
Volgens Kanguatjivi was van dié rowers na bewering betrokke by ander voorvalle van roof en huisbraak, maar is op borgtog vrygelaat.
Hy sê dit is vir die polisie net so 'n groot frustrasie as vir die publiek wanneer die howe vermeende misdadigers op borgtog vrylaat en hulle dan voortgaan om misdade te pleeg.
Intussen het hoofinsp. Kauna Shikwambi, een van die polisie se woordvoerders, ook 'n beroep op eienaars van sakeondernemings gedoen om stappe te doen om hulself te beveilig wanneer hulle geld trek.
“Ons werk hard vir ons geld, maar daar is diegene wat ons wil beroof. Mense moet versigtig wees en hul besittings en eiendom beskerm.
“Die polisie doen ook 'n beroep op die publiek om nie hierdie rowers te beskerm nie, maar met inligting na vore te kom,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie