Windhoekers kan stad se raadsvergadering aanlyn volg
Windhoekers kan stad se raadsvergadering aanlyn volg

Windhoekers kan stad se raadsvergadering aanlyn volg

Augetto Graig
Windhoek munisipaliteit sal vanaand sy maandlikse raadvergadering regstreeks op sy Facebook-blad uitsaai, het die stad se woordvoerder, me.Lydia Amutenya, vanoggend bevestig.
Sy sê die verwagting is dat burgemeester Fransina Kahungu (foto) kort ná die opening van die verrigtinge om 17:30 oor die stad se begroting sal praat, met tariefaanpassings wat gewoonlik op 1 Julie elke jaar van krag word.

Kommentaar

Republikein 2025-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer