Windhoeker sprei sy vlerke
Mariselle Stofberg - 'n Jong Windhoeker wat ure voor sy rekenaar aan programme soos “Flight Simulator” bestee en eindeloos na YouTube-video’s oor vlieg kon kyk, is nog ''n stap nader aan sy droom.
Eduan Nel, oudleerling van Windhoek Afrikaanse Privaatskool, studeer aan die 43 Air- vliegskool in Port Alfred in die Oos-Kaap. Dié 20-jarige het sy Geïntegreerde Lugdiens-vlieënierslisensie in die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (SACAA) se teoretiese eksamen met die eerste probeerslag geslaag. Eduan het ook sukses met sy instrumentprosedures en algemene radiokommunikasie-eksamens behaal.
As kind het die opstyg en land van die vliegtuie by Eros-lughawe hom gefassineer en so het sy liefde vir vlieg voor skool reeds begin. “As jy ''n vliegtuig hoor en skielik uithardloop om te kyk wat dit is, of sommer net aan die klank kan sê wat dit is, is ek seker jy het ''n passie vir vlieg.”
Om te vlieg, is beslis nie kinderspeletjies nie, en 43 Air het bevestig 80% van voornemende vlieëniers gooi tou op voordat hulle hul ideaal verwesenlik. Eduan het hom nie deur die statistiek laat afskrik nie.
“Ek dink as ''n mens ''n groot genoeg passie vir iets het, sal jy jou droom najaag, maak nie saak wat nie. Dinge verloop ook nie altyd volgens plan nie, maar gebruik elke struikelblok as ''n trappie om die volgende vlug ''n sukses te maak.”
Die grootste oomblik vir enige voornemende vlieënier is die eerste alleenvlug wat hy aanpak. Hoewel die meeste jongmense die woord “verantwoordelikheid” effens vrees, was sy eerste alleenvlug vir Eduan ''n hoogtepunt van sy opleiding.
“Elke solovlug is vir my spesiaal, want jy weet alles is in jou hande. My grootste droom is om eendag die kaptein van ''n groot vliegtuig te wees.”
Hierdie talentvolle jong man is van plan om na sy studies Namibië toe terug te keer, maar wil oor vyf jaar vir Cathay Pacific in Hongkong vlieg.
Dit is beslis nie ’n beroep wat jou beursie genadig is nie, dus raai Eduan voornemende vlieëniers aan om seker te maak dit is wat hulle met hul lewe wil doen.
“Dis ''n uitstekende, lonende loopbaan en die bedryf word by die dag groter. Maar moenie dit vir die roem doen soos wat dit soms uitgebeeld word nie. Dit verg harde werk. As jy ''n passie vir vlieg het, staan niks in jou pad om jou vlerke te sprei nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie