Windhoek ‘tweede goedkoopste’ stad ter wêreld
Francoise Steynberg – Windhoek is die tweede goedkoopste stad ter wêreld vir buitelanders om in te gaan woon.
Die Tunisiese hoofstad Tunis is die goedkoopste stad ter wêreld vir voornemende immigrante, volgens die jaarlikse lewenskoste-opname wat die konsultasiefirma Mercer in Maart vanjaar in 209 stede in vyf vastelande gedoen het.
Hongkong is die duurste stad, gevolg deur Asjgabat in Turkmenistan. Tokio in Japan is derde, gevolg deur Zürich in Switserland, Singapoer, New York, Sjanghai in China, nóg twee Switserse stede (Bern en Genève) en Beijing in die tiende plek.
Die opname is gedoen deur 200 items en kommoditeite in elke stad, soos behuising, vervoer, kos, klere, huishoudelike goedere en vermaak te vergelyk.
Die impak van die Covid-19-pandemie, ingesluit die koste en moeilikheidsgraad om die betrokke stad te bereik, is by Mercer se berekeninge vir 2020 ingesluit.
“Geslote grense, vlugonderbrekings, verpligte inperking en ander kortstondige onderbrekings het nie net die koste van goedere en dienste beïnvloed nie, maar ook die lewensgehalte,” sê Ilya Bonic, hoof van strategie by Mercer.
Windhoek lê vanjaar 208ste op die ranglys teenoor verlede jaar se 204de.
Wat Namibië se buurlande betref, lê Harare 165ste op die lys van duurstes, Kaapstad 187ste, Johannesburg 192ste, Gaborone 199ste en Lusaka op 201.
Ndjamena in Tsjad is die duurste stad in Afrika en is 15de op die wêreldranglys.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie