Windhoek sonder krag
Windhoek sonder krag

Windhoek sonder krag

Francoise Steynberg
Windhoek en omliggende gebiede ervaar tans 'n kragonderbreking.

Volgens me. Lydia Amutenya, woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, lê die kragprobleem by NamPower.

"Ons verstaan dat dit binnekort reggestel sal word," het sy gesê.

Volgens onbevestigde bronne het die transformator naby Heja Lodge op die pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako ontplof en die hoofkragkabel na die hoofstad het gebreek.

Kommentaar

Republikein 2025-07-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer