Windhoek Skou 'n sukses
Sowat 114 000 mense het vanjaar die Windhoek Skou bygewoon wat vanjaar vir die 62ste opeenvolgende jaar aangebied is. Die hoofstad se skouhekke het in 1954 vir die eerste keer vir die publiek oopgeswaai. Vanjaar het die skou gespog met 320 uitstallers wat lewende hawe-uitstallers insluit. Skougangers kon 258 beeste, 1 462 stuks kleinvee, 34 Appaloosa-perde, 32 verskillende pluimvee- en 87 verskillende duiwerasse besigtig. Me. Maja Carstens het dié foto van die vuurwerke Donderdagaand tydens die amptelike opening van die skou geneem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie