Windhoek Skou môre uit die blokke
Ronelle Rademeyer - As die akasias blom en gerugte van die eerste reëndruppels op plekke in die land doen die ronde, weet Windhoekers dit is skoutyd.
Die hekke van die 119de Windhoek Skou open môre, met meer as 200 uitstallers wat hul produkte en dienste gaan vertoon.
Die eerste skou in die hoofstad het in 1899 plaasgevind met 22 uitstallers wat groente, vrugte, vee, perde en selfs wyn uitgestal het, vertel dr. Andreas Vogt, bekende kultuurhistorikus.
Soos in die verlede sal die beeste, skape en bokke die toonvenster wees van die genetiese bates waaroor Namibiese boere beskik.
In die vee-afdeling bied twee grootvee- en een kleinveeras vanjaar hul nasionale kampioenskappe aan. Dit is die Simmentalers, Brahmane en die Van Rooys.
Republikein se landboupublikasie, Die Boer, sal vir die duur van die skou hoogtepunte in die vee-arenas regstreeks op Facebook uitsaai. Die spesiale daaglikse publikasie met inligting oor die wenners, Parade, sal van Maandag tot Vrydag elke dag gratis by die skougronde versprei word.
Altesaam 483 beeste is deur 59 telers vir vanjaar se skou ingeskryf.
Verder sal 1 126 stuks kleinvee van 41 telers deur die beoordelaars gefynkam word en die wenners daarna bekroon word.
Die amptelike opening van die 2018 Windhoek Skou vind Maandag om 16:00 in die arena plaas.
‘n Kort vuurwerkvertoning van sowat drie minute net ná 20:00 daardie aand sal ‘n voorsmakie lewer van die langer vuurwerkvertoning wat Windhoekers, soos vorige jare, Donderdagaand ná afloop van die veeparade gaan vermaak.
Soos in die verlede gaan die mallemeule weer ‘n groot trekpleister wees.
Daar is ook op Saterdag 6 Oktober, die laaste dag van die skou, ‘n geleentheid in die Camelthorn-saal, waar plaaslike ontwerpers met hul ontwerpe by die publiek kan spog.
Toegang beloop N$40 vir volwassenes en N$20 vir skoolgaande kinders. Pensioenarisse en kinders onder ses mag dit gratis besoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie