Windhoek se waterverbruik in die rooi
Die Windhoekse munisipaliteit sê oor die afgelope week het Windhoekers 7% meer water gebruik as wat huidige teikens vir waterbesparing toelaat. Die weeklikse teiken is tans 465 000 m³, maar meer as 497 332 m³ is die afgelope week gebruik.
Die munisipaliteit het Windhoekers daaraan herinner dat vanaf 1 Mei 15% water bespaar moet word en dat waterbeperkings, wat van toepassing is sodra die kategorie D waterbestuursplan in werking gestel word, vanaf 1 Julie geld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie