Windhoek se waterverbruik bly té hoog
Windhoekers het die afgelope week 7% méér water gebruik as wat toelaatbaar tydens droogtetye is en kon weereens nie die vereiste teiken van 10% besparings bereik nie.
Die Windhoekse munisipaliteit sê dit volg nadat die teiken vir waterverbruik die vorige week, wat op 18 Maart geeindig het, ook met 10% oorskrei is.
Sedert die munisipaliteit ‘n droogte in Augustus verlede jaar aangekondig het, waartydens daar van Windhoekers verwag word om 10% water te bespaar, is die meeste water tot op hede in die tweede week van Februarie gebruik. Tóé is waterbesparingsteikens met 14,5% oorskrei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie