Windhoek se pad na ekonomiese herstel
Die inisiatief beoog om Windhoek se inkomste met N$20 miljard teen 2025 te verhoog en die hoofstad se bydrae tot die BBP te vergroot van 33% tot 36% in dieselfde tydperk.
Augetto Graig – Die Windhoek Ekonomiese Herstel-inisiatief, bekend as die WERI, is amptelik by Donderdag se stadsraadsvergadering voorgelê.
“Die inisiatief wil ekonomiese groei en werkskepping deur innovasie bevorder,” en sal onder meer fokus op vervaardiging, behuising, infrastruktuur, inligting en kommunikasietegnologie, konstruksie, voedsel, landbou, kleinhandel, toerisme, die kunste, kultuur, water en krag, lui die raadsdokument.
“Die WERI erken dat daar inwoners, besighede, entrepreneurs, akademici of organisasies sonder winsbejag mag wees wat dalk idees het om die stadsraad se probleme op te los, dienslewering te verbeter of om werksgeleenthede te skep. Om dié idees te gebruik, moet ’n platform geskep word waardeur dit oorgedra en geïmplementeer kan word,” volgens die dokumente.
In sy toespraak het Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, klem gelê op samewerking en die vordering wat gemaak is danksy hulp vanaf “vriende van Windhoek”.
“Ons benadering tot die ‘vriende van Windhoek’ word ondersteun deur kollektivisme, in teenstelling met individualisme.”
Amupanda sê: “Ons kan nie die pad volg waar regeringsbates verlore gaan nie. Namibië is tans ’n land sonder ’n nasionale lugredery, sonder ’n geakkrediteerde nasionale stadion en met ’n nasionale uitsaaier op lewensondersteuning.
“Ons doen ’n beroep op almal in ’n posisie om die trajek van ons nasie te verander, om hulself tweede te stel, en die belange van die nasie vir toekomstige generasies, eerste te plaas.”
Die stad hoop om deur die inisiatief 5 000 voltydse werksgeleenthede voor 2025 in Windhoek te skep. Die stadsraad hoop om deur plaaslike beleggings nywerhede te bou en sal ook ’n alternatiewe stelsel soek, eerder as ’n tenderproses, om idees spoediger te implementeer.
Verder beoog die inisiatief om teen 2025 die stad se inkomste met N$20 miljard te verhoog en in dieselfde tydperk die hoofstad se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) van 33% tot 36% te vergroot.
Sakevoorstelle word verwelkom en ’n formaat vir die indiening van dié voorstelle is opgestel. Hierdie maand sal insette van spesifieke nywerhede gesoek word voor ’n formele advertensie vir belangstelling in Junie en Julie uitgereik word.
’n Kortlys en openbare voorstelling van sakevoorstelle sal in Augustus begin, volgens die WERI.
Ander besluite wat gedurende die raadsvergadering geneem is, sluit in goedkeuring van ’n teenkorrupsiebeleid en -prosedure, die hersiening van die hoofstad se beleid op sjebeens en dobbelhuise in woonbuurte, met ’n studie in samewerking met plaaslike universiteite en later die insameling van inwoners se insette.
Windhoek het reeds 300 nuwe voorafbetaalde watermeters aangeskaf en sal binnekort met die installering van die meters begin.
Pensioenarisse, kwesbare inwoners en agtergeblewenes sal voorkeur geniet. Inwoners met skuld sal gedwing word om meters te kry en ’n lening aan te gaan om vir die installering te betaal.
Die Windhoek-munisipaliteit het die volgende dag ’n kennisgewing uitgereik om inwoners te herinner dat dienste aan wanbetalers opgeskort gaan word.
“Stad Windhoek gee kennis aan kliënte dat vanaf 3 Mei 2021 elektrisiteitstoevoer na-ure afgesny sal word vir alle agterstallige rekeninge van meer as 30 dae,” lees die kennisgewing.
Die senior munisipale woordvoerder, me. Lydia Amutenya, sê dié stap is nodig om fisiek toegang tot sommige meters te verseker, omdat mense na-ure tuis is. Sy beklemtoon betrokke inwoners sal eers individueel ingelig word en hulle kan altyd by die munisipaliteit reëlings tref as hul rekeninge agterstallig is.
“Dit is niks buitengewoon nie en is normale praktyk,” sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie