Windhoek se gevalle 70% van landwye getal, nog 22 gesondheidswerkers toets positief
Windhoek se 131 gevalle is 70% van die 187 gevalle wat vandag in Namibië aangekondig is. Onder die gevalle in die hoofstad is 11 leerlinge van verskillende skole en ses studente. Nog 22 gesondheidswerkers het positief getoets, 11 in Windhoek, vyf in in Karasburg, vier in Oshakati en twee in Lüderitz. 'n Kommerwekkende situasie is dat 28 uit die 1 765 aktiewe gevalle baie ernstig of kritiek is. Die Covid-19-verwante sterftes het tot 164 gestyg, ná die dood van 'n 59-jarige man van die Walvisbaai-distrik.
Uit die 187 gevalle is 131 in Windhoek, 11 in Karasburg, tien in Lüderitz, 18 in Oshakati, vier in Usakos, drie in onderskeidelik Swakopmund en Tsandi, een in Oshikuku, drie in Onandjokwe en drie in Engela.
Nog 144 mense het herstel en wel 131 in Khomas, 11 in Kunene en twee in Omusati.
Die aktiewe getal gevalle staan tans op 1 765 met 'n kommerwekkende 28 gevalle wat baie ernstig of kritiek is. Dit sluit 20 baie ernstige gevalle en ses kritieke gevalle in Khomas in. In Erongo is twee kritieke gevalle.
Tot op hede is 178 677 weefselmonsters getoets, 3 830 kontakte word gemonitor en 845 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie