Windhoek se geldsake beroerd
Windhoek se geldsake beroerd

Windhoek se geldsake beroerd

Die Windhoek-munisipaliteit oorweeg om N$400 miljoen af te skryf van die sowat N$634 miljoen aan hom verskuldig.
Augetto Graig
Augetto Graig - Ondanks ’n begroting van bykans N$6 miljard, het die Windhoek-munisipaliteit vir die vorige boekjaar ’n tekort van N$420 miljoen getoon.

Dit is grotendeels te wyte aan die sowat N$634 miljoen wat aan die munisipaliteit verskuldig is. Groot sondaars is ministeries, wat die hoofstad altesaam N$80 miljoen skuld, en verskeie staatsondernemings, wat N$18,5 miljoen verskuldig is.

Die munisipaliteit het in die vorige boekjaar meer as N$1 miljard net op elektrisiteitsverskaffing bestee, en sowat N$950 miljoen uit elektrisiteitsheffings ingevorder.

Die stad se uitgawes sluit N$180 miljoen vir watervoorsiening en N$640 miljoen vir 2 300 werknemers se salarisse in.

Inkomste vir die hoofstad het N$630 miljoen se heffings vir die gebruik van infrastruktuur ingesluit. Die munisipaliteit se departement van finansies en kliëntedienste het N$260 miljoen ingevorder, wat inkomste uit tariewe en belasting insluit.

Die syfers is bekend gemaak tydens 'n inligtingsessie waar die uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, oor die hoofstad se geldsake uitgewei het.

Hy sê die stad se bates is tans meer as sy laste, maar kontantvloei is 'n groot probleem wat dringend aandag benodig.

Een van die oorsake van die geldpenarie is opgehoopte skuld van 20 tot 30 jaar gelede waarvoor die munisipaliteit nog verantwoordelik is. Hy is van plan om grond te verkoop om dié skuld so vinnig as moontlik af te los.

Nog 'n stap om die kwessie op te los, is Kahimise se plan om N$400 miljoen se uitstaande skuld af te skryf.

Die beampte sê dit is onrealisties om te verwag die bedrag sal in die toekoms aan die stad betaal word. Hy sien ook uit na toekomstige inkomste van ontwikkelinge buite die stad self, soos Omega en Finkenstein, wat die munisipaliteit tans ondersoek om vas te stel hoe hulle vir die gebruik van infrastruktuur sal betaal.

By dieselfde geleentheid het Windhoek se burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, ook sy planne vir 2018 bekend gemaak. Die toepas van die stad se strategiese plan vir transformasie en die vooruitsig vir die res van die huidige boekjaar tot einde Junie was die kerninhoud van sy toespraak.

Die burgemeester verwag om voor Junie uitstaande skuld af te skryf wat pensioenarisse die stad nog moet betaal. Hy wil ook die samewerkingsooreenkoms vir die 'River Walk'-inisiatief onderteken, en die kwessie oor die gebruik van Ramatex asook hangende grondtransaksies afhandel. Kontrakteurs moet aangestel word om krag na die Havana- en Babylon-uitbreidings aan te lê, grond moet gediens en huise gebou word om informele nedersettings te formaliseer, en die stad se mediese verbrandingsoond moet in gebruik geneem word.

In reaksie op die huidige gesondheidsbedreiging wat betref Hepatitis E in veral die nedersettings, sal die Windhoek-stadsraad N$17 miljoen bestee op die bou van toilette en gemeenskaplike waterkrane in Havana, Hakahana, Greenwell Mutongo, Goreangab en Ombili. Die geld kom uit die stad se N$32 miljoen-begroting vir water en sanitasie. Daar is ook vir die tydperk 100 hektaar uitgesit om te die stad se behuisingtekort te verminder.

Intern is die munisipaliteit ook besig met veranderings, volgens die burgemeester. Hy sê subkomitees moet aanpas by die transformasieplan wat in 2017 begin is en tot 2022 duur. Daarvoor moet nuwe opdragte bepaal word en nuwe munisipale beamptes aangewys word om op dié komitees te dien. Subkomitees sal kwessies oorweeg en voorbereiding doen voordat dit na die bestuurskomitee verwys word, wat dit dan onder die stadsraad se aandag sal bring.

Subkomitees is ook betrokke by die uitvoering van die stadsraad se besluite.

Kazapua het veral klem gelê op samewerking, raadplegende bestuur en betrokke leierskap. Hy sê die praktyk van gereelde gemeenskapvergaderings sal volhou word, en 'n plan om kernbelanghebbers te nader, sal toegepas word. Hy hoop om sodoende vennootskappe te vorm vir verdere finansiering en skuldverhandelings.

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan #N/A Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% #N/A