Windhoek se boeke klop (wu00e9u00e9r) nie
Windhoek se boeke klop (wu00e9u00e9r) nie

Windhoek se boeke klop (wéér) nie

Die hoofstad se begroting bly 'n uitdagende balanseertoertjie, met salarisse een van die groot koste-items.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Windhoek se stadsvaders het 'n begroting van N$4,9 miljard vir die 2021-'22-finansiële jaar goedgekeur, waarvan sowat N$4,4 miljard vir operasionele uitgawes aangewend sal word.

Aangesien die land se hoofstad 'n verwagte inkomste van meer as N$4,6 miljard gaan hê, kan die surplus van sowat N$213,4 miljoen aan kapitaalprojekte bestee word. Die verwagte inkomste uit regeringsubsidies en -toelaes beloop N$500 miljoen.

Me. Jennifer Comalie, strategiese uitvoerende hoof vir finansies en kliëntediens by die munisipaliteit, het gister aan joernaliste gesê dié begroting sluit egter nie waardevermindering in nie. Sou dit in berekening gebring word, sal vir 'n verdere N$565 miljoen begroot moet word.

Dit sal die stadskas in die huidige finansiële jaar met 'n tekort van sowat N$351,6 miljoen laat.

Dit blyk die groot koste-items aan die uitgawekant is die salaris­rekening en die aankoop van elektrisiteit by NamPower – beide verteenwoordig 35% van die totale operasionele begroting.

Die munisipaliteit het N$1,55 miljard vir personeeluitgawes begroot, terwyl hy NamPower N$1,53 miljard vir elektrisiteit aan die hoof­stad sal moet betaal.

Comalie sê verskeie faktore plaas tans groot druk op die stadsbegroting. Dit sluit in verhogings in die grootmaattariewe van leweransiers soos NamPower, die negatiewe groei in die bruto binnelandse produk (BBP), die hoë werkloosheidsyfer in Windhoek, die druk wat verstedeliking op die lewering van basiese dienste plaas, asook die Covid-19-pandemie.

Die munisipaliteit gaan in dié boekjaar N$165,44 miljoen aan die diens van nuwe erwe, die opgradering van informele nedersettings en behuisingsprojekte bestee.

Comalie sê die hoofstad se plaaslike owerheid spits hom toe op 'n volhoubare operasionele begroting wat volledig deur dienslewering en bykomende inkomstebronne gefinansier word.

Daar word net vir ­kapitaalprojekte begroot wanneer die munisipaliteit seker is geld is beskikbaar om dit aan te pak.

Verder streef die stadsvaders daarna om die salarisrekening onder 35% van die totale operasionele begroting te hou, hoewel die regering se maatstaf 40% is, sê Comalie.

Volgens haar wil die munisipaliteit 'n wentelfonds begin met geld wat uit die verkoop van grond verdien word.

Verder wil hy sy afhanklikheid van grootmaatverskaffers soos Nam­Power verminder deur 'n sonkrag­aanleg van 25 MW vir Windhoek op te rig.



DUURDER DIENSTE

In Junie verlede jaar het Windhoek se inwoners die stadskas N$1,01 miljard geskuld. In Junie vanjaar het die skuldboek op N$981 miljoen gestaan.

Wat die verhoging van tariewe vir dienste betref, lyk die ­prentjie só:

• Watertariewe bly onveranderd;

• Huishoudelike afvalverwydering styg met 5%;

• Eiendomsbelasting bly onveranderd;

• Vaste-afvalbestuur styg met 5%;

• Riolering bly onveranderd; en

• Elektrisiteit se tarief styg met 3,7%. Dit is nog onderhewig aan goedkeuring deur die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB).

Comalie sê die uitwerking van hierdie tariefverhogings is dat mense in die laerinkomste-woonbuurte soos Katutura se munisipale rekening (water en elektrisiteit uitgesluit) met gemiddeld N$10 sal styg. In middelinkomste-woonbuurte soos Doradopark sal hulle N$20 meer moet opdok en in woonbuurte soos Olympia sal hulle voortaan N$29 per maande meer betaal.

Hoe hoër die waarde van 'n eiendom, hoe meer sal eienaars deur die ­stygings geraak word, sê sy.

Die heffing vir brandweerdienste styg ook met N$10 vir residensiële inwoners, N$20 vir kerke, sportinstansies, klubs en toeriste-instellings, N$50 vir plase en regerings- en onderwysinstellings en N$350 vir groot nywerhede en kommersiële besig­hede.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%