Windhoek sag op buitelandse beursies
Windhoek is die derde goedkoopste stad uit 209 stede wêreldwyd vir buitelanders om in te woon. Dít volgens Mercer se Cost of Living-indeks vir 2017. Namibië se hoofstad is reeds vir etlike jare onder die 10 goedkoopste stede op dié indeks en was selfs verlede jaar die heel goedkoopste. Vanjaar is Tunis in Tunisië die goedkoopste, terwyl Luanda in Angola die duurste stad ter wêreld is vir buitelanders om in nes te skop. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie