Windhoek raak ernstig oor water
Windhoek raak ernstig oor water

Windhoek raak ernstig oor water

Watertoevoer na skole is herstel na minister uitstaande rekeninge betaal.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Windhoekse munisipaliteit gaan Dinsdag 24 Januarie alle onwettige karwasbesighede in die hoofstad toemaak, hul toerusting konfiskeer en elk boetes van minstens N$1 000 oplê.

Huishoudings wat onwettige besighede van water en krag voorsien, se dienste sal onmiddellik afgesny word.

Tydens die eerste fase van die opruimingsaksie sal twee munisipale spanne volgende week stelselmatig die stad begin fynkam vir onwettige karwassers.

Mnr. Dieter Tolke, 'n tegnikus in die stad se bestuurseenheid vir wateraanvraag, het gister gesê die beplande aksie teiken spesifiek onwettige karwasbesighede in oop openbare areas om die stad, of op sypaadjies.

Besighede wat sonder die vereiste dokumente werksaam is, sal gesluit word.

Hulle moet ook aan die stad se bouregulasies voldoen.

In die verlede is oortredings dikwels oor die hoof gesien, omdat dit Windhoek se beleid is om klein besighede te ondersteun, sê Tolke.

“Met die huidige watertekort het die situasie net vererger en is dit onregverdig teenoor wettige besighede. Onwettige besighede veroorsaak ook skade aan die stad se infrastruktuur.”

Tolke sê gemeenskappe word geraak deur die waterpoele wat onwettige karwasbesighede op sypaadjies laat. Daar is nie plek vir mense om te stap en kinders om te speel nie.

Tolke noem dat 'n halwe kilometer teerpad sowat N$1 miljoen kos om te herstel, maar selfs erger skade word aan die stad se rioolstelsel veroorsaak.

“In Windhoek is die rioolstelsel afsonderlik van die stormwaterstelsel en kan die seepwater, sand en rotse wat in dié stelsel afspoel, verstopping veroorsaak,” sê hy.

Tolke skat daar is tans tussen 100 en 300 karwasbesighede in Windhoek.

“Baie van die besighede word op of langs klein erwe bedryf, waar daar geen ruimte vir verbetering is nie,” sê hy.

“Maak seker die besigheid is binne jou erf se grense,” waarsku hy.

Karwassers kan die munisipaliteit se boubeheerkantore nader vir hulp en inligting oor hoe om binne die wet hul besighede te bedryf. Karwasbesighede wat binne privaaterwe se grense bedryf word sal gedurende die tweede fase van die veldtog geteiken word.



SKOLE HET WEER WATER

Intussen het die stad weer die water­toevoer na 25 skole herstel na hul water is weens die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se wanbetaling van rekeninge.

Me. Lydia Amutenya, woordvoerder van Windhoek se munisipaliteit, het die heraansluitings bevestig. Me. Sanet Steenkamp, permanente sekretaris van onderwys, kuns en kultuur, het dit beaam.

Nie een van die twee wou sê watter bedrag die ministerie aan Windhoek se munisipaliteit verskuldig is nie, maar Steenkamp het vroeër gesê 'n aansienlike bedrag is Maandag oorbetaal en dat nog 'n betaling Vrydag gemaak sal word.

Daar word beweer die bedrag kan meer as N$25 miljoen wees.

Die ministerie van finansies was ook nie gewillig om meer oor die saak te sê nie.

Hulle het ook geweier om meer te sê oor die strenger maatreëls, wat weens die regering se huidige poging tot besuiniging, in werking gestel is.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.18 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.33/OZ DOWN -0.0114 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0101 | Zinc US$ 2 911.50/T DOWN -0.01% | Brent Crude Oil US$ 84.61/BBP UP +0.39% | Platinum US$ 961.41/OZ UP +0.62% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.18 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.33/OZ DOWN -0.0114 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0101 | Zinc US$ 2 911.50/T DOWN -0.01% | Brent Crude Oil US$ 84.61/BBP UP +0.39% | Platinum US$ 961.41/OZ UP +0.62%