Windhoek munisipaliteit maak U-draai met busse
Enkele dae ná dit ingestel is, het die Windhoek munisipaliteit vandag briek met sy nuwe busroetes aangedraai.
“Sekere bedryfsuitdagings” wat die munisipaliteit ondervind, het tot die staking van dié nuwe roetes gelei, sê die stadsvaders in ‘n verklaring. Van môre af moet die publiek weer van die sewe “ou” busroetes gebruik maak.
Die nuwe roetes sal volgende jaar weer gebruik word, luidens die verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie