Windhoek lu00ea vesel, nie 5G
Windhoek lu00ea vesel, nie 5G

Windhoek lê vesel, nie 5G

Dokumente uit die laaste stads­raadvergadering gee duidelikheid te midde van beskuldigings van omkopery.
Augetto Graig
Augetto Graig



Duidelikheid oor die verhouding tussen die Chinese internettegnologiereus Huawei en die Windhoek-munisipaliteit het eindelik uit dokumente van die stadsraadsvergadering van afgelope Donderdag na vore gekom.

Die munisipaliteit het gereageer op vrae gestel deur die stadsraadslid vir die RDP, me. Brunhilde Cornelius, wat beweer dat omkopery in die verband geskied. Ná Cornelius se uiting van die korrupsieklagte het sy weens die gebrek aan ondersteuning en beskerming uit die RDP bedank en by die RP aangesluit.

“Die RDP het in werklikheid bygedra tot die gevaar van die situasie, afgesien van die feit dat hulle my geen­sins ondersteun het nie,” sê sy.

Die munisipaliteit het gereageer op vrae wat Cornelius amptelik op 17 April en 12 Mei gestel het, gemik op duidelikheid in verband met 'n ooreenkoms van verstandhouding tussen Windhoek en Huawei, asook oor die gesamentlike onderneming waardeur die hoofstad sy inligtingkommuni­kasienetwerk wil kommersialiseer.

Oor Huawei sê die munisipaliteit die stadsraad het 'n ooreenkoms om 5G-tegnologie in Windhoek bekend te stel in Februarie oorweeg en vir meer inligting teruggestuur. Sedertdien het die kabinet betrokke ministeries opdrag gegee om 'n strategiese omgewingsevaluering te doen en die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) is die taak gegee om 'n 5G-strategie vir Namibië uit te werk.

Volgens die munisipaliteit is daar geen bewyse dat Huawei sy tegnologie gebruik om Namibiërs af te luister nie, en die internasionale verbod teen Huawei is bloot 'n handelsoorlog tussen die Westerse wêreld en die Ooste. Nog 'n belangrike verwikkeling is die toekenning van 'n omvattende netwerk- en elektroniese diens­leweringlisensie aan Windhoek, sê hulle.

Kornelius meen egter die munisipaliteit se aanvanklike reaksie dat haar versoeke om inligting “deur werklike gebeure verbygesteek” en nutteloos was, toon institusionele mislukking binne Stad Windhoek.

Sy het in haar verklaring op 9 Oktober die gebrek aan opvolg op haar klagte van omkopery uiteengesit. “Gedurende Mei 2020 het mnr. Nicanor Ndjoze – 'n senior lid van my party die RDP – in samewerking met minstens een senior uitvoerende lid van die Windhoek-munisipaliteit, mnr. Reckliff Kandjoramuine, my probeer omkoop om my teenstand teen Windhoek en Huawei se verhouding, en spesifiek die ooreenkoms van verstandhouding te staak,” skryf sy.

“Ek het dié voorvalle aan die Namibiese polisie gerapporteer en kommissaris Cornelius Becker het my gehelp om die bewyse van hierdie korrupsie in te samel, insluitend 'n opname van 20 Mei 2020 toe ek met Recliff Kandjoramuine vergader het, op versoek van en met vervoer van mnr. Ndjoze, om die omkoopgeld te bespreek.”

Kornelius sê: “Kommissaris Becker is hierna uit sy posisie verwyder, enkele dae nadat ek my beëdigde verklaring aan die polisie voorsien het.”

Volgens Kornelius het die nasionale polisiehoof lt.genl. Sebastian Ndei­tunga op haar versoek op 2 Julie haar verseker die bewyse is veilig en die saak is aan die Teenkorrupsiekommissie (ACC) oorhandig. Die ACC erken volgens Kornelius egter nie besit van die bewyse nie en ondersoek eerder vir Kornelius op grond van 'n verklaring wat haar van korrupsie beskuldig. Kornelius sê dié verklaring is vervals en dat haar geloof dat ACC of Nampol korrupsie kan ondersoek nou baie min is.

Die Windhoek-munisipaliteit dring aan dat dit die volle reg het om 'n veseloptiese netwerk op te stel en te kommersialiseer en dat dié stap nodig is om Windhoek in 'n “slimstad” te omskep. Omdat die stadsraad geen goedkeuring vir enige 5G-projek gegee het nie, is geen 5G-toerusting aangekoop nie, volgens die munisipaliteit.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.39/OZ DOWN -0.0101 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.51/BBP DOWN -0.0093 | Platinum US$ 954.33/OZ DOWN -0.0012 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.39/OZ DOWN -0.0101 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.51/BBP DOWN -0.0093 | Platinum US$ 954.33/OZ DOWN -0.0012