Windhoek-bende stel sy visier op die kus
Otis Finck op Walvisbaai - Die polisie op Walvisbaai het die eienaars van vulstasies en lede van die publiek gewaarsku teen misdadigers van Windhoek wat hul visier na die kus verskuif het.
Die openbare skakelbeampte van die polisie op Walvisbaai, konst. Kristopherus Mbunju, sê die polisie het inligting ontvang van ‘n spesifieke groep wat in die vakansie sakeondernemings op Walvisbaai en Swakopmund gaan teiken, asook vakansiehuise op Langstrand.
“Ons het betroubare intelligensie ontvang dat die bende by die kus aangekom het en besig is om voor te berei vir die feesseisoen. Ek besoek nou alle vulstasies en sommige sakeondernemings om hulle te waarsku.
“Die eienaars van vulstasies moet veral hul sekuriteit verskerp en sakeondernemings moet seker maak hul sekuriteitskameras werk reg en word deurentyd gemonitor,” het hy ges.
Mbunju het ook gewaarsku teen vreemdelinge wat by ondernemings poseer om “selfies” met hul selfone te neem. Hy het gesê sulke foto’s kan gebruik word om rooftogte te beplan.
Mbunju het daarop gewys dat baie rooftogte intern beplan word en werkgewers daarop bedag moet wees.
Hy het ook die gemeenskap vir hul samewerking bedank en gesê die polisie en die publiek is vennote in die stryd teen misdaad.
Mbunju het gemeenskappe aangemoedig om waggroepe te stig wat woonbuurte patrolleer. Dit is ook raadsaam dat mense hierdie groepe van hul vakansieplanne inlig.
“Alle woonbuurte word aangemoedig om waggroepe te stig. Ken ook jou bure en ruil telefoonnommers uit. Maak seker huise se venters is toe en die deure is gesluit.
“Verder moet padgebruikers spoedperke handhaaf en die padreëls gehoorsaam.”
Mense met inligting oor misdaad, kan die polisie by die noodnommer 064 219 048 bel of ’n boodskap na 081 485 0954 stuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie