Windhoek+30 brei vorige deklarasie uit
Windhoek+30 brei vorige deklarasie uit

Windhoek+30 brei vorige deklarasie uit

Ronelle Rademeyer
Hoofredaksie – Dertig jaar nadat die geskiedkundige Windhoek-deklarasie in die Namibiese hoofstad die weg gebaan het vir ’n vry, onafhanklike en pluralistiese pers, het sy opvolger – Windhoek+30 – drie ambisieuse nuwe doelwitte bygevoeg.

Dit is naamlik media- en joernalistieke lewenskragtigheid, deursigtige digitale platforms en ’n media- en inligtingsgeletterde burgery.

Dié nuwe, uitgebreide deklarasie is Maandag tydens Wêreldpersvryheidsdag en met die afsluiting van die vier dag lange konferensie ter viering van 30 jaar van die Windhoek-deklarasie, deur die deelnemers aanvaar.

“Die wêreld word vandag deur kritieke nuwe, maar ook geskiedkundige uitdagings ten opsigte van vryheid van spraak in die gesig gestaar en dit vereis daar moet internasionaal daadwerklike stappe deur alle belanghebbendes gedoen word.

“Die 1991 Windhoek-deklarasie was ’n grootse en vooruitskouende dokument wat die afgelope 30 jaar gehelp het om die wêreld beter te maak. Dit is nou tyd vir die generasie van 2021 om hulle bydrae te lewer,” lui die dokument.

“Persvryheid, onafhanklikheid en pluralisme bly belangrike doelwitte om seker te maak almal het toegang tot inligting as hulpbron vir die ganse mensdom. By hierdie doelwitte wil ons nou dié van media- en joernalistieke lewenskragtigheid, deursigtigheid van digitale platforms en die bemagtiging van die burgery om media- en inligtingsgeletterd te wees, voeg.

“Die Windhoek+30-deklarasie bring hulde aan diegene wat vir ons die weg gebaan het. Laat iedereen van ons nou óns deel doen om die veiligheid van inligting as ’n openbare goedere te verseker – as ’n dringendheid vandag, en as nalatenskap vir hulle wat ná ons kom,” sê die deelnemers in die dokument.

Hulle wys daarop dat inligting die burgery bemagtig om hul fundamentele regte uit te oefen, dit ondersteun geslagsgelykheid en stel mense in staat om deel te neem aan demokratiese bestuur en volhoubare ontwikkeling. Dit sien toe dat niemand agterwee gelaat word nie en dat mense doeltreffende stappe kan doen om in te gryp in wêreldkrisisse soos die klimaat en Covid-19 wat mense se gesondheid en voortbestaan bedreig.

In die verklaring spreek die deelnemers ook hul kommer uit oor die veiligheid van joernaliste, moorde op joernaliste, die teistering van vroue in media, aanlyn aanvalle asook die intimidering van joernaliste.

Hulle is ook diep bekommerd oor die toename in internetonderbrekings en -afskakelings, veral tydens verkiesings of protesaksies.

Verder is hulle ook uiters bekommerd oor die ernstige ekonomiese krisis en hoe dit die voortbestaan van onafhanklike nuusmedia wêreldwyd bedreig.

In die Windhoek+30-deklarasie word die dringendheid verwoord om mense oraloor die wêreld, insluitend die jeug en gemarginaliseerde groepe, in te lig oor die belangrikheid van die media en goeie joernalistiek en hulle die vaardighede te leer om dit in die groeiende landskap van inligtingsbronne van waninligting te onderskei.

Namibië se minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga, het Maandag tydens die afsluiting van die konferensie gesê die feit dat hierdie internasionale gebeurtenis in Windhoek gevier is, lewer bewys van die land se verbintenis tot ’n vry, onafhanklike en pluralistiese pers.

Mushelenga het die media, die Verenigde Nasies se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur (Unesco), die Europese Unie, organisasies van die burgerlike samelewing en academici bedank dat hulle onverpoos daaraan gewerk het om te verseker Namibië is opnuut die setel van die Windhoek-deklarasie.
[email protected]


FOTO
Lede van die Vereniging vir Joernaliste in Tunisië betoog Maandag op Wêreldpersvryheidsdag ter ondersteuning van die Marokkaanse ondersoekende joernalis en redakteur, Omar Radi en Soulaiman Raissouni, wat reeds langer as ’n jaar in aanhouding is vir kritiek teen regeringskorrupsie. Foto Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.56/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.27% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 054.66/OZ DOWN -0.0066 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.56/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.27% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 054.66/OZ DOWN -0.0066