Wind saai amok op Oranjemund
'n Woeste wind van tot 164 km per uur het Dinsdagnag verwoesting op Oranjemund gesaai. Volgens 'n inwoner, mnr. Hugo Hamman, is verskeie reuse-dennebome ontwortel en "soos vuurhoutjieboksies omgedop". By sy huis is sy hek uit die muur geruk en het dit volgens hom soos 'n slagveld in die dorp gelyk waar takke oor paaie lê. 'n Gedeelte van die dak van die vulstasie is ook "uitgeskeur asof iets 'n groot hap daaruit gevat het".
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie