Willie Els bly land se beste junior
Die skoolseun van Walvisbaai Privaat Hoërskool het sy nasionale titel behou.
Die Namibiese Junior Gholfstigting het onlangs die jaarlikse Namibiese Junior Ope gholfkampioenskap by die Rössmund Buiteklub aangebied.
Willie Els het die titel vir die tweede opeenvolgende jaar gewen.
Veertig kinders het die koue kusweer aangedurf. Spelers in die A-afdeling het 36 putjies op die Saterdag en 18 putjies Sondag gespeel. Oor die eerste 18 putjies is die juniors se spel uiters moeilik gemaak deur die yskoue weer.
Charlie Lohmann van St. Paul was die A-afdeling se voorloper aan die einde van die eerste dag, met een hou voor Willie Els van Walvisbaai Privaat Hoërskool. Ná 18 putjies het Jonathan Mather sy swaairitme begin vind en het 'n bruto 77 gespeel.
Op dag twee was die stryd aan, maar Willlie Els het min foute begaan en het as wenner uit die stryd getree met 'n verskil van agt houe. Jackson Kawaya was die algehele netto wenner.
In die B-afdeling het Wensley Haseb van Tsumeb gewen (65 punte) en Kyle Johnson van Omaruru was tweede met 48 punte.
In die C-afdeling het Bradley Gawaneb van Walvisbaai gewen (67 punte) en Christiaan Spangenberg van Swakopmund was tweede met 59.
Die ontwikkelingskompetisie is oor nege verkorte putjies gespeel. Hier het JP Johnson van Omaruru gewen met 28 punte en Marcel Stiemert van Windhoek Gimnasium was tweede met 23 punte.
PUNTE VIR SPANKEUSE
Die NJGF bied jaarliks nege ope toernooie aan wat vir 'n merietelys vir die junior spelers in die A-afdeling tel.
Dié lys dien om die topdrie juniors te bepaal, tesame met die vierde junior wat op prestasie gekies word, as Namibië se verteenwoordigers by die Afrika-kampioenskap wat volgende jaar in Egipte aangebied word. Vanjaar se Afrika-kampioenskap was in Botswana aangebied.
Die NJGF het 'n afsonderlike merietelys vir die Junior Ope wat volgende jaar Julie in Skotland aangebied word vir spelers van 16 jaar en jonger. Die Namibiese Junior Ope was die eerste toernooi wat vir dié lys getel het.
Die volgende junior ope toernooi word op 20 Julie by die Windhoek Buiteklub aangebied.
Die Namibiese Junior Ope is deur mnr. Adri Basson van Private Wealth Management geborg. Adri Basson is reeds vir dekades 'n ikoon van gholf in Namibië – hy is nie net die afgelope jare in beheer van Namibiese PGA gholf nie, maar het ook 'n stigtersrol gespeel om junior gholf in die land te organiseer. Die NJGF bedank oom Adri persoonlik vir al sy bydrae tot die gholfgemeenskap.
Die uitslae:
Algehele bruto wenner: Willie Els.
Algehele netto wenner: Jackson Kawaya.
A-afdeling beste bruto: 1 Jonathan Mather, 2 Cilliers Sachse.
A-afdeling beste netto: Charlie Lohmann.
B-afdeling beste netto: Michael Natangwe.
B-afdeling: 1 Wensley Haseb, 2 Kyle Johnson, 3 Bonnie Hoabeb.
C-afdeling: 1 Bradley Gawaneb, 2 Christiaan Spangenberg, 3 Lazlo Julie, 4 Alejandro Gillmer.
Geen voorgee afdeling: 1 JP Johnson, 2 Marcel Stiemert, 3 Carl, 4 Pablo Gawaneb.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie