Williams se dwarsklappe knak Oman

'n Briljante spanvertoning het die Eagles gister terug op die wenpad geplaas.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die Namibiese krieketspan was gister onstuitbaar op die oorlogspad om vir hul hartseer glipsie van twee dae tevore te vergoed.

'n Nuwe nasionale rekordtotaal van 324 lopies in 'n internasionale eendagwedstryd was genoeg vir 'n oorwinning met 52 lopies teen Oman.

Met hul kolfmeester Craig Williams (129 nie uit nie van 95 balle) aan die spits, het die Eagles hul gesag op die gasheerspan afgedwing en sodoende sake in die driehoekige reeks gelykop gemaak.

Namibië, Oman en die Verenigde Arabiese Emirate het nou elkeen twee ligapunte ná twee wedstryde elk.

Die twee Midde-Oosterse spanne kan egter 'n onrusbarende gevoelentheid hê oor die wyse waarop afrigter Pierre de Bruyn se Namibiese span teruggebons het ná hul openingsnederlaag met agt lopies teen die Emirate twee dae tevore.

Die Eagles het in September laas jaar ook in Florida eerste teen die VSA vasgeval, voordat hulle onoorwonne voortgegaan en die driehoekige toernooi met Papoea-Nieu-Guinee (wenloos) ingepalm het.

Hopelik was dit net die vlugtige afperiode in Desember wat die Namibiërs op dié wyse moes afwerk om weer hul wenhonger te verskerp en soortgelyke momentum te kan opbou.



TERUG MET 'n KNAL

Die 35-jarige Williams beleef 'n wonderlike terugkeer tot die nasionale span, nadat De Bruyn hom verlede jaar omgepraat het om sy kortstondige uittrede op te skort en die Eagles met 'n nuwe aanslag op hul groot doelwitte te help.

Laas November se historiese deurbraak toe Namibië gekwalifiseer het om later vanjaar in sy eerste T20 Wêreldbeker-toernooi met die grootstes in die sport skouers te skuur, het dié besluit reeds dubbel en dwars die moeite werd gemaak.

Dié mylpaal het boonop gevolg op nóg 'n uiters gesogte eer enkele maande tevore, toe Namibië internasionale eendagstatus vir die eerste keer sedert 2003 herwin het.

Dit was betekenisvol, omdat individuele en spanvertonings nou weer in die rekordboeke 'n merk kan maak – anders as in al die lang jare tussenin waarin eendagwedstryde teen gedugte spanne soos Ierland, Nederland, die Emirate en andere nie hierdie status gedra het nie.

Gister was dus maar net Namibië se dertiende amptelike ODI in sy ganse krieketgeskiedenis.

Williams is reeds die land se rekordlopiemaker in elke formaat van die spel en op grond van gister se vertoning is hy gewis nog lank nie klaar nie.



KOLF MET OORTUIGING

Afgesien van die aanvangskolwer Stephen Baard, wat vreemd genoeg vir 'n nulletjie ná elf balle uitgevang is, en Jan Frylinck op nommer sewe wat ongelukkig was om met sy heel eerste bal been-voor-paaltjie uitgegee te word, het elkeen van die Namibiese kolwers tot die oorwinning bygedra.

Paaltjiewagter Zane Green het ná net 51 balle sy kolf vir 'n vyftigtal omhoog gelig. Hoewel hy kort daarna uitgevang is, het sy 62 lopies (55 balle) 'n merkwaardige elf grenshoue ingesluit wat van die akkuraatheid van sy aanvallende houekeuse spreek.

JP Kotzé was die tweede man uit (27 van 28 balle, 4x4) en kaptein Gerhard Erasmus was volgende (29 van 28 balle, 4x4), nadat beide 'n aggressiewe kolftempo van 'n lopie per bal gehandhaaf het.

Green se vertrek halfpad deur die kolfbeurt (Namibië 130/4 in die 22ste bb) het vir Williams en JJ Smit bymekaar gebring. Oman het nog vars in die geheue hoe Smit hulle onlangs in die T20-uitdunwedstryd in Dubai stukkend geslaan het, maar gister het hy 'n meer bedeesde rol gespeel (31 van 50 balle, 1x4 1x6) om Williams op die voorgrond te plaas.

Met Karl Birkenstock se vindingryke houespel het hy enkellopies gebruik om vir Williams die slag te voer, totdat een van Bilal Khan se blitsballe hom skoongeboul het vir 28 lopies van 25 balle (3x4). Ditto vir Pikky ya France met sy 10 nie uit nie van agt balle (1x4).

Williams het tot in die laaste boulbeurt sy kanse aangegryp om onder die boulers in te klim en die Namibiese totaal ver verby die 300-merk te jaag. Hy het Oman se boulers met ses sesse en 13 viere gekasty. Vir sy honderdtal het hy net 85 balle nodig gehad.



VYF PAALTJIES VIR SMIT

Oman se twee aanvangskolwers het aanvanklik gevaarlik teruggeslaan en gewys dat hulle nie deur die vereiste kolftempo van 6.5 per boulbeurt geïntimideer word nie.

Ná vier boulbeurte was Oman op 31/0 (7.75 per boulbeurt), maar JJ Smit en Jan Frylinck het onmiddellik daarin geslaag om die lopievloei dramaties toe te draai, deurdat die volgende ses boulbeurte net 16 lopies opgelewer het.

Khawar Ali se val vir 25 lopies het die deur geopen vir die volgende deurbrake, maar Oman se trotse vasberadenheid op hul tuisbodem was nog glad nie uitgeblus nie en hulle is eers op 272 almal uitgeboul.

Hoewel die vereiste tempo te hoog buite hul bereik gestyg het, het Mohammed Nadeem (41), paaltjiewagter Suraj Kumar (58 van 59 balle 2x4 en 4x6), Mohammad Sanuth (40 van 32 balle), Sandeep Goud (34 van 20 balle) en Naseem Khushi (27 van 15 balle) almal met mening teruggeveg. Tussen dié vyftal het hulle altesame elf sesse oor die grenstou gelig.

In sy volwaardige senior debuutwedstryd het die 18-jarige Jan-Izak de Villiers senuagtig begin met 'n eerste foutbal wat boonop met 'n grenshou gestraf is. Ná sy openingsboulbeurt van tien lopies het hy egter beter gevaar en twee paaltjies ingepalm, voordat hy weer met 13 in sy sesde boulbeurt raakgeslaan is om met 2/47 in ses af te sluit.

JJ Smit is teruggebring in die aanval en nadat Naseem Khushi hom vir twee opeenvolgende sesse geslaan het, het Smit laaste gelag deur hom skoon te boul en dadelik daarna ook vir Bilal Khan (0) b.v.p. te betrap en sy vyf paaltjies vir die dag te beklink (5/44 in 8).

Craig Williams se reeds onvergeetlike dag is met die mees ekonomiese boulskof aan die Namibiese kant aangevul (1/49 in 10).

• Die oorblywende wedstryde in die driehoekige reeks:

Vandag: Oman tn VAE (07:30).

Saterdag: Namibië tn VAE (07:30)

Sondag: Namibië tn Oman (07:30).

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.58 | USD to KES 131.23 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 429.00/OZ UP +0.11% | Copper US$ 5.13/lb UP +1.06% | Zinc US$ 3 169.50/T UP 1.29% | Brent Crude Oil US$ 82.61/BBP DOWN -0.016 | Platinum US$ 1 052.02/OZ UP +0.20% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.58 | USD to KES 131.23 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 429.00/OZ UP +0.11% | Copper US$ 5.13/lb UP +1.06% | Zinc US$ 3 169.50/T UP 1.29% | Brent Crude Oil US$ 82.61/BBP DOWN -0.016 | Platinum US$ 1 052.02/OZ UP +0.20%