Williams opgewonde oor eie akademie
Die Eagles se jarelange staatmaker-kolwer het nou 'n passie om die land se volgende geslag spelers tot hul beste te help slyp.
Andrew Poolman – Die veelsydige Namibiese krieketster Craig Williams is vol vertroue dat sy nuwe topklas binnenshuise krieketfasiliteit, die eerste van sy soort in die land, ’n suksesvolle onderneming sal wees.
Die binnenshuise gerief het drie matte met boulmasjiene, asook ’n ten volle uitgeruste krieketwinkel wat reeds oop vir besigheid is.
Die Craig Williams Krieketakademie open amptelik op 18 Januarie, met die strewe om hoëprestasie, gespesialiseerde afrigting aan seuns en meisies vanaf vyf jaar oud te lewer.
Williams, wat in 2007 sy eersterangse debuut vir Namibië gemaak het, is steeds ’n belangrike lid van die nasionale Eagles-groep wat voorberei om later vanjaar in Indië vir die eerste keer by die T20 Wêreldbekertoernooi aan te tree.
Hoewel die 36-jarige Williams vroeg in 2018 aanvanklik sy uittrede aangekondig het, het Pierre de Bruyn met sy aanstelling as nasionale afrigter hom oortuig dat die ontwykende droom van Wêreldbeker-kwalifisering inderdaad moontlik is.
In sy eersterangse en internasionale loopbaan van meerdaagse wedstryde, eendag- asook T20-krieket vir Namibië het Williams reeds gerieflik oor die 13 000 lopies aangeteken en is die nasionale rekordlopiemaker in feitlik elke formaat. As mediumbouler het hy hom ook met meer as 270 paaltjies laat geld.
In sy internasionale loopbaan het hy gedurende die termyne van mnre. Johann Rudolph, Doug Watson, Eric Simon, Dee Thakur asook die huidige Namibiese nasionale afrigters, Pierre de Bruyn en Albie Morkel, gespeel.
Te midde van die voortslepende ontwrigting en onvoorspelbaarheid wat Covid-19 op die wêreldwye sportkalender meebring, is Williams nie tans een van Krieket Namibië se gekontrakteerde spelers nie.
Vir nou is sy fokus daarop ingestel om sy nuwe krieketbesigheid suksesvol op die been te bring en terug te ploeg in die sport waarvoor hy so lief is.
“Oor die laaste 14 jaar het ek omtrent 360 wedstryde vir Namibië gespeel en ek glo die tyd is nou reg om my ondervinding terug te ploeg. Ek is baie opgewonde oor afrigting en dit sal vir my ’n baie spesiale dag wees wanneer die eerste jongeling van my akademie vir Namibië speel,” sê hy.
“Daar was tevore in Windhoek een of twee aksiekrieketbane, maar dit het nie lank gehou nie en niemand het werklik op hoëprestasie-afrigting in die sport gefokus nie. In Suid-Afrika het elke provinsie vier of vyf HP-sentrums, so ons het baie om in te haal,” sê hy.
Sy binnenshuise oefengerief is in die Hyper Motor City sakekompleks aan die suidekant van Windhoek.
“Die oefensentrum het drie kolfnette langs mekaar wat gehuur kan word om met die boulmasjien in ’n veilige omgewing krieket te kan oefen. Ons kan selfs ’n deur oopmaak vir die vinniger boulers wat ’n langer aanloop wil gebruik,” verduidelik hy.
Klubs en skole kan die fasiliteit daagliks tussen 08:00 en 14:00, of ná 18:00 huur.
“Tussen 14:00 en 18:00 bied ons hoëprestasie-afrigting vir seuns en meisies tussen die ouderdomme van vyf en o.19-vlak. Ons bied vaardigheidsafrigting vir kolwers en boulers, met inagneming van die langer en korter weergawes van die spel.
“Ons afrigting sluit video-ontleding in. Hierdie visuele element help baie, omdat jy die kinders op die TV-skerm kan wys waarop hulle kan verbeter.”
Langsaan die binnenshuise fasiliteit bied Williams ook ’n sportwinkel wat in kriekettoerusting spesialiseer, asook ’n sitkamer met videomonitors waarop ouers hul kinders se afrigtingsessies kan volg.
Volgens hom is daar reeds sterk belangstelling van ouers, terwyl krieketklubs ook reeds afsprake gemaak het om te midde van die reënseisoen hul oefensessies binnenshuis te verskuif.
“Ek het baie tyd en geld hierin belê, maar ek glo die tyd is reg hiervoor. Namibië beleef ’n sterk belangstelling in krieket op die oomblik en daar is genoeg kinders wat in die sport aktief is, so ek reken beslis die mark hiervoor bestaan.”
Williams kan vir meer inligting by [email protected] of 081 364 6737 bereik word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie