Williams kasty Botswana
Krieket
Craig Williams is gister as speler van die wedstryd aangewys vir 'n aanskoulike vyftigtal nadat Namibië met 1-0 die voortou geneem het in sy internasionale T20-reeks teen Botswana by die United-krieketveld.
Die Namibiese Eagles se totaal van 193/4 was heeltemal buite bereik van die buurland, wat tot 100/7 beperk is. Dit het die uitslag met 93 lopies in die tuisspan se guns beklink.
Aanvangskolwer Stephen Baard (60 lopies van 46 balle, met een vierhou en drie sesse), het sommer van meet af die ligblou span se boulers die stryd aangesê.
Tagtig lopies was reeds ná 8.2 boulbeurte op die telbord, voordat die ewe aanvallende Niko Davin die eerste Namibiër was wat moes terugstap (39 lopies van 23 balle, 3x4 1x6).
Kaptein Gerhard Erasmus (2) en Karl Birkenstock (5) is uitgevang voordat die twee hulle kon ingrawe, maar Botswana sou nie die kastyding vryspring nie.
Hiervoor het Craig Williams gesorg, wat met 68 lopies van net 31 balle 'n tipiese dominerende beurt gespeel het.
Hy het vyf viere en vyf sesse gemoker. Hy en Zane Green (18 nie uit nie van 9 balle, 1x4 1x6) het op 116/4 bymekaar gekom en enduit saam gebly.
'n Sierlike ses van sy 27ste bal het Williams se vyftigtal op die telbord geplaas.
Vir Botswana was Valentine Mbazo hul topkolwer (27 van 27 balle), maar die Namibiese boulers het die laaste sê gehad. Gerhard Erasmus en Tangeni Lungameni het beide met 2/16 geëindig, onderskeidelik ná vier en drie boulbeurte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie