wildstropery veroordeel
China se adjunkminister van buitelandse sake, mnr. Zhang Ming, sê die Chinese regering veroordeel die stroping van wild en dat Chinese eintlik lief is vir wilde diere en 'n bydrae wil lewer om dit te beskerm. Hy het die media toegespreek ná 'n vergadering agter geslote deure met president Hage Geingob op 3 April. “'n Klein hoeveelheid Chinese was in Namibië by sulke oortredings betrokke, wat die Chinese regering in 'n ernstige lig beskou. Ons veroordeel hul gedrag. Dit is 'n geval van enkele 'vrot appels'.” Zhang het gesê die Chinese regering sal hul steun aan die Namibiese regering verleen as dit by stroping kom. Hy het verder gesê China se voormalige ambassadeur vir Namibië, Qiu Xuejun, sal binnekort vervang word omdat hy weens gesondheidsredes nie na Namibië sal kan terugkeer nie. Foto Elvira Hattingh.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie