Wilde perde van die Namib nóg ’n vul ryker
Tanja Bause - Terwyl dit in die Namib gereën het, het me. Christine Wulff-Swiegers, van die Namibia Wild Horses Foundation, nóg ’n nuutgebore vul ontdek.
“Ons het hom of haar Maandag vir die eerste keer gesien. Die klein dingetjie was glad nie opgewonde oor die reën nie,” het sy gesê.
Hulle kon ook nie sien of dit ’n merrie of ’n hings is nie, en daarom het dié nuweling nog nie ’n naam nie. Sy ma heet Anita.
Dit is die tweede vul wat vanjaar gebore is ná Meredith en Igloo vroeg in September die trotse ouers van Ida, ’n merrie, geword het.
Ná ’n droogte van sowat vyf jaar en die voortdurende jagtery van ’n trop hiënas het die bevolking van dié perde drasties gekrimp.
Sedert 2012 het geen vul oorleef nie, wat beteken die jongste perd is ses jaar oud.
In 2013 alleen het die hiënas 100 perde gevang en doodgemaak, waarvan 50 vullens was.
Die bevolking het van 286 tot 79 perde, wat vandag nog leef, gekrimp.
Met die twee nuwe vullens staan die bevolking nou op 81 perde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie