Wild, wilder, Wildsfees
Die 15de Windhoek Draught Outjo Wildsfees vind op 4 en 5 Mei 2018 by Sophienhof Lodge sowat 10 km buite Outjo op die Khorixas-pad plaas.
Hierdie fees lok jaarliks duisende mense van dwarsoor die land en vanjaar beloof dit om weer 'n fees van topgehalte te wees.
Oudergewoonte bestaan die Wildsfees uit verskeie aktiwiteite wat spesiale vermaak vir elkeen in die gesin bied.
Vrydagoggend skop die fees met inligtingspraatjies in die Veilingstent af en onder meer handel dit oor mens-dier-konflik en renosterbewaring in ons land.
Efekto, ’n leier in die tuinboumark, gaan die kleinspan leer tuinbou sodat hulle in 'n later stadium self die opbrengs daarvan kan geniet.
Teen die middag kan die manne die Baarde en Vellies-skaapkopfeesmaal geniet.
Die welbekende Rodeo trek hierdie jaar ‘n ander baadjie aan met ‘n opwindende “Ranch Rodeo”-kompetisie tussen Namibiese en Suid-Afrikaanse rodeo ruiters.
Daar is altyd ’n geleentheid vir amateurs om ook ‘n kans op een van die bulle te vat.
Die fees stel die vermaaklikheidsarena bekend. Hier vind kompetisies deur die loop van die naweek plaas. Onder meer die naelbyter Fear Factor, koedoedrolspoeg en olifantdrolstoot.
Verder is daar boeresport, ‘n sterkmankompetisie en ’n skopboks-vertoning.
Die kinderpretpark sal seker maak die kinders geniet elke oomblik van die fees.
Die Genotgrot-babasorgsentrum sal jou kleinding besig hou en vir Mamma en Pappa in staat stel om ook die fees te geniet.
Saterdagoggend vind die fietspretren vir oud en jonk plaas. Ander aktiwiteite sluit ’n skyfskietkompetisie, elektroniese bul en ‘n skuimpartytjie vir die tieners in.
Proe en kuier
Die immergewilde Proe en Kuier-tent bied ‘n damesontbyt ten bate van die Outjo-kankerfonds met vermaak deur baie gewilde kunstenaars aan.
Shoprite en Checkers se uitdunronde vir die uiters gewilde Boerewors-kompetisie vind ook tydens die fees plaas. Die wenner van dié ronde gaan direk deur na die finale ronde in Windhoek en kan ‘n Isuzu 4x4-bakkie wen. Inskrywings moet voor 10 April ingehandig word.
Feesgangers kan onder meer 'n magdom kosdemonstrasies bywoon.
Die baie suksesvolle jaarlikse wildsveiling word in samewerking met die Otjikondo Boerevereniging en Du Preez Wild aangebied.
Topgehalte genetika van veral bastergemsbok bly ‘n groot aantrekking vir wildtelers.
Voor die veiling sal Mike Bredenkamp van die Namibiese Wildteelvereniging en Danene van der Westhuizen van die Namibian Professional Hunting Association wildtelers, -kopers en besoekers toespreek.
Hou Kollig vir Wildsfees-nuus dop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie