Wild- en veediewe teiken Omaruru-boere
Omaruru se boere loop deur onder wild- en veediewe.
'n Twintigjarige man is die naweek op die plaas Okarundu in die Omaruru-distrik in verband met die onwettige jag van 'n gemsbok ter waarde van N$4 000 in hegtenis geneem.
Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is slegs 'n paar stukke vleis in die verdagte se besit gevind. Die polisieondersoek duur voort.
Ook in dié distrik op die plaas Klein Okombahe is 31 skape ter waarde van N$60 000 tussen 14 Mei en 29 Mei gesteel.
"Geen skape is teruggevind nie en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie," sê die polisie.
Hul ondersoek duur voort.
Vier verdagtes (21, 20, 20 en 19) is Vrydag omstreeks 17:00 in die Gabis-reservaat naby Karasburg in verband met veediefstal in hegtenis geneem.
"Hulle het glo vier beeste ter waarde van N$52 000-00 gesteel en geslag. Die vleis is teruggevind," sê die polisie.
Die ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie