Wil jy munte versamel?
Die waarde van ’n versamelaarsmunstuk word bepaal deur die kwaliteit, skaarsheid én toestand daarvan.
“Dis allermins eenvoudig om die waarde van ’n muntstuk vas te stel omdat soveel verskillende faktore ’n rol speel,” sê Alan Demby, voorsitter van die goudmunthandelaar The Scoin Shop.
Sammy Marks-tiekie
’n Skaars munt wat onder die waardevolstes in Suid-Afrika tel, is die Sammy Marks-tiekie.
Paul Kruger het in 1898 as ’n verjaardaggeskenk vir sy vriend Sammy Marks gesê hy kan die munt ’n dag lank oorneem.
Marks het hierop 215 goue tiekies gemunt (dis gewoonlik uit silwer gemaak) om aan sy vriende en familie te gee. Op die een kant pryk Kruger en op die ander is ZAR geskryf.
Dié tiekies is vandag uiters skaars met net 32 wat al gewaardeer is. ’n Sammy Marks-tiekie is in 2012 vir R1,5 miljoen verkoop.
Verskeie reproduksies van dié tiekies is in Suid-Afrika en die buiteland in omloop.
Talle juweliers het sulke replika-tiekies gemaak, maar het met opset “ontwerpfoute” ingewerk. Die mees opvallende hiervan is die punte wat tussen die letters ZAR boaan die munt uitgelaat is.
Burgersponde
Nog van die skaarsste van Suid-Afrikaanse munte, die Burgersponde, is vernoem na die destydse ZAR-president Thomas Francois Burgers. Hy het dit in 1874 in Londen laat maak. Dié munte is vandag tussen R1 miljoen en R3 miljoen elk werd.
Die eerste 695 wat gemaak is, staan bekend as die fynbaard-Burgerspond. Die gietvorm het egter gebreek en die tweede stel is met ’n nuwe gietvorm gemaak. Dié 142 munte staan bekend as die growwebaard-Burgerspond omdat sy baard ietwat woester daarop voorkom.
Veldponde
Die uitsonderlike geskiedenis van die veldpond maak dit een van die waardevolste versamelmunte uit Suid-Afrika.
Die Boere het dié munte tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog in 1902 naby Pelgrimsrus vervaardig om die manskappe te betaal en voorrade mee te koop.
Net een stel handgekerfde gietvorms is hier gebruik en daarom lyk die letterwerk op die munte onafgerond.
Die gietvorms is ’n hele paar keer oorgemaak omdat die eerstes gekraak het maar die eindproduk was toe so sterk dat dit honderde kere gebruik is sonder enige teken van verwering.
Net meer as 530 goue munte (destyds ter waarde van sowat 22 sjielings elk) is eindelik gemaak en die muntmeester (voorheen skoolhoof in Kaapsche Hoop) moes verskeie uitdagings oorkom. Een van die probleme was die onsuiwer aard van baie van die goud uit die Pelgrimsrus-omgewing.
Baie van die munte is gemaak, gesmelt en oorgemaak.
Later het die radelose muntmeester kwik by die goud gevoeg omdat dit so maklik tydens die verwerkingsproses gekraak het. Die kwik was beskikbaar omdat dit destyds in die ambulanse as ontsmettingsmiddel gebruik is.
Die munte is ook van verskillende diktes danksy die ietwat primitiewe omstandighede waarin dit gemaak is, sê Demby.
’n Egte veldpond is vandag enigiets van R500 000 tot R1,5 miljoen werd.
Proefmunte
Die toestand van die munt speel ook ’n belangrike rol wat betref sy waarde. Hier onderskei Demby ook tussen munte wat gemaak is vir gebruik en proewe, oftewel munte wat gemaak en verpak word vir versamelaars.
“ ’n Goeie proefmunt is so blink soos ’n spieël - jy kan jou gesig daarin sien.”
Dit word in ’n spesiale houer verpak en jy mag nooit aan die binnekant van so ’n munt raak nie.
Proefmunte is aanvanklik gemaak sodat die betrokke monarg, leier of muntmeester dit kon goedkeur voor die “massaproduksie” van gebruiksmunte.
Namate dit gewild geraak het vir mense om munte te versamel, het munte begin om meer proefmunte te vervaardig.
Daar word uiteraard altyd minder proefmunte as gebruiksmunte gemaak, maar dit beteken nie die proefmunte is altyd meer werd as munte wat in omloop was nie. “Soms is die gebruikte munte skaarser as die proefmunte omdat baie van die oorspronklike munte opgebruik of beskadig is,” sê Demby.
Hy beklemtoon dat mens nie oornag ’n muntversamelaar word nie. “Dit gebeur op die duur, mens koop ’n verskeidenheid munte oor ’n tydperk. Sommige se waarde kan oor ’n lang tydperk toeneem en ander weer nie,” sê hy.
“Jy kan nie vandag ’n aandeel, eiendom, kunswerk of muntstuk koop en verwag om môre ’n hoop geld daaruit te maak nie,” sê Demby. “Mense dink hulle kan vinnig geld maak uit munte, maar dit is nié die geval nie.”
Hy beklemtoon dat mense hul beleggings tussen ’n verskeidenheid bates moet versprei en sê ook versamelaars moet nooit skuld aangaan om iets soos ’n munt te koop nie.
Soos met kuns meen Demby mense moet munte versamel omdat hulle dit geniet en die munte waardeer.
“Jy koop muntstukke omdat jy daarvan hou om iets te versamel en byvoorbeeld sekere temas geniet. As dié munte oor ’n paar jaar baie werd is, is dit ’n bonus.”
Boonop doen mense deeglike navorsing of raadpleeg ’n kenner wanneer hulle in byvoorbeeld eiendom of aandele belê. “Jy moet ook jou huiswerk behoorlik doen as jy munte wil koop,” sê Demby.
Geduld en baie navorsing – dis Demby se belangrikste raad aan voornemende versamelaars. - Netwerk24/Rapport

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie