Wika lok honderde

Tanja Bause
Tanja Bause



Die jaarlikse Windhoek-karnaval, of Wika, het Saterdag honderde Windhoekers na die hoofstad se hoofstraat gelok. Vanjaar het 28 voertuie deelgeneem en vier groepe het saamgestap: die Prinzengarde, Juka-garde, Delta-trompoppies en die Internasionale Skool.

Die nuwe Prinzenpaar, prinses Kim 1. Die Spontane (Kim Gorn) en prins Gunnar 1. der Zahlenguru (Gunnar von Dewitz), was ook deel van die optog. Die 67ste karnaval met die tema “Wika Konfetti. Alles Paletti” sal op 14 April met die Kehraus ten einde loop. Meer inligting oor die program is by www.wika.na of Wika se Facebook-blad beskikbaar. Kaartjies na die verskeie geleenthede kan aanlyn by www.webtickets.com.na of by enige Pick n Pay landswyd gekoop word.

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer