Wiele rol vir De Klerk-uitlewering

ACC-baas bevestig proses is aan die gang

08 April 2021 | Misdaad
Ronelle Rademeyer – Die proses is aan die gang om die vermeende betaalmeester in die Fishcor-viskwotaskandaal, mnr. Marén de Klerk, aan Namibië uitgelewer te kry.

Dié Windhoekse prokureur het na bewering N$75,6 miljoen afkomstig van hierdie staatsbeheerde vismaatskappy deur twee bankrekenings onder sy beheer na verskeie begunstigdes gekanaliseer.

Hy bevind hom sedert 17 Januarie 2020 in Suid-Afrika – vermoedelik in die Wes-Kaap waar hy eiendom het.

Mnr. Paulus Noa, hoof van die Teenkorrupsie-kommissie (ACC), het by navraag bevestig dié agentskap het die wiele aan die rol gesit vir sy uitlewering. Dit is gedoen deur ’n beëdigde verklaring aan die hof voor te lê sodat ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming ingevolge die Strafproseswet uitgereik kon word.

Noa het gister verduidelik die proses stop nie by die lasbrief nie en dat die dokumente wat die ministerie van justisie aan Suid-Afrika moet voorlê om hom uitgelewer te kry, ook die klagte moet uitstippel op grond waarvan die aanklaer-generaal (AG), me. Martha Imalwa, beslis het hy in Namibië vervolg moet word.

Imalwa wou gister by navraag nie die saak telefonies bespreek nie en het gesê die ministerie van justisie is die verantwoordelike owerheid wat die proses dryf.

Sy is egter op rekord dat sy besluit het De Klerk moet vervolg word vir sy aandeel aan die beweerde korrupsie, bedrog en geldwassery by die staat se vismaatskappy, Fishcor.

Intussen het me. Yvonne Dausab, minister van justisie, gister per WhatsApp aan Republikein gesê haar ministerie “wag vir verdere inligting van die AG ten einde die versoek (vir sy uitlewering) af te handel”.

In De Klerk se beëdigde verklaring wat verlede jaar aan die ACC voorgelê is en in Januarie vanjaar in die hande van die media beland het, voer hy aan dat pres. Hage Geingob, oftewel “The Boss”, bewus was dat geld afkomstig van Fishcor aan Swapo-begunstigdes betaal word om in die aanloop na die algemene en presidensiële verkiesing in 2019, vir hom steun te werf.

Al Jazeera het die afgelope naweek berig pres. Geingob word betrek “by nuwe aantygings van korrupsie waarby die land se winsgewende visbedryf betrokke is”.

Luidens die berig het “’n prokureur wat na bewering die ooreenkoms gereël het”, vertel hoe die Namibiese staatshoof na bewering opdrag gegee het dat “miljoene dollar” uit die staatsbeheerde Fishcor verduister moes word om kiesers tydens Swapo se 2017-kongres “om te koop”.

Dié beweringe is Saterdag ten sterkste deur Staatshuis verwerp, wat gesê het “dit is niks anders nie as nog ‘n verspilde poging om te laat blyk Afrikane is nie in staat om hul eie sake te bestuur nie en het buitelandse rentmeesterskap nodig om dit te doen”.

De Klerk het verlede jaar in ‘n beëdigde verklaring in die hoërhof ontken dat hy uit Namibië gevlug het en gesê hy bevind hom in Suid-Afrika omdat hy vir sy lewe vrees.

Die verklaring is ingedien toe hy ‘n hofaansoek teengestaan het om hom as die eksekuteur van drie boedels te verwyder.
[email protected]

FOTO
Die prokureur mnr. Marén de Klerk. Foto Facebook

Soortgelyk

 

RMB Song Night vier ’n dekade

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die RMB Song Night-inisiatief wat op die been gebring is met die doel om Namibiese klanke te laat groei en ontwikkel, vier vanjaar sy tiende...

Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax

2 ure gelede | Gesondheid

Die Europese Unie se adjunkhoof, mnr. Gosia Lachut, het die besending van 24 000 dosisse AstraZeneca-entstof teen Covid-19 van Covax aan Namibië verwelkom. Lachut...

FlyWestair brei binnelandse vlugte uit

2 ure gelede | Vervoer

FlyWestair voeg van volgende Woensdag 28 April 'n ekstra vlug by sy Ondangwa-roete en het ook by die Vervoerkommissie van Namibië aansoek gedoen om vlugte...

Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe

4 ure gelede | Gesondheid

Kavango-Oos het sy eerste besending Sinopharm en AstraZeneca-dosisse deel van die immuniseringsveldtog teen Covid-19 ontvang. Die streek het 7 983 Sinopham- en 2 880 AstraZeneca-dosisse...

Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut

5 ure gelede | Mense

Die Namibië Instituut vir Korporatiewe Bestuur (NICG), wat in 2016 gestig is om gesonde korporatiewe bestuursbeginsels en -praktyke in die land te bevorder, het aangekondig...

Floyd-moordverhoor: Skuldig!

5 ure gelede | Internasionaal

Derek Chauvin (45), gewese polisielid van Minneapolis, is skuldig bevind aan die moord op George Floyd (46).’n Jurie het gisteraand laat (Namibiese tyd) dié beslissing...

Sprinkane nou in 11 streke

15 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die verwoestende sprinkaan­plaag het nou na elf van die land se 14 streke uitgekring en dit is net in die Omaheke-, Khomas-...

Pensioenaris in haar huis vermoor

15 ure gelede | Misdaad

Erwin Leuschner – Gisteroggend het ondersoekbeamptes Trekkopjestraat in Kramersdorf in Swakopmund afgesper nadat me. Irene Lohmeier (82) in haar huis by nommer 9 aangeval en...

Miljoene vir vervalste maskers

15 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – ‘n Chinese tabakmaatskappy met Swapo-bande eis N$6,5 miljoen van ‘n vennoot nadat ‘n ooreenkoms oor die invoer van gesigmaskers op die vooraand...