Wie ry en wie moet bly?
Wie ry en wie moet bly?

Wie ry en wie moet bly?

Ronelle Rademeyer
Ontevrede minibus-eienaars en -bestuurders van Rehoboth het gisteroggend op dié dorp vergader om die implikasies te bespreek van die beperkingsmaatreëls wat bepaal hulle mag net agt mense in 'n 16 sitplek-bussie vervoer. Hulle sê dit beteken dubbel soveel bussies sal van vandag af nodig wees om Rehobothers soggens na hul werkplekke in Windhoek te vervoer. Kommer bestaan dat vele pendelaars nie plek op 'n bussie sal kry nie en dus laat by die werk sal aankom. Intussen het die hoof van die polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, Namibiërs gister gemaan om veilig te bestuur wanneer hulle met die aanvang van die verslapte inperkingsmaatreëls vandag uit die Noorde en elders terugkeer na waar hulle woon en werk. Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2026-04-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer