Wie mag weet, en wie nie?
Wie mag weet, en wie nie?

Wie mag weet, en wie nie?

Dani Booysen
Baie is gerapporteer, en vele menings gehuldig oor ‘n besluit deur die kabinet dat staatsmedia “voorkeur” met die uitreiking van openbare inligting en die plasing van advertensies deur staatsinstellings moet ontvang.

Die besluit is in September geneem en was nie vermeld in die nuusvrystelling oor die betrokke kabinetsitting se besluite nie.

Vrydag is aangevoer dat daar geen onderduimse rede was vir hierdie weglating nie. Die feit dat dit wel gebeur het, werp egter opnuut vrae op oor ons regering se verbintenis tot opregte deursigtigheid.

Die plasing van advertensies daargelaat – buiten dat sodanige besteding alleen nie staatsmedia in meer doeltreffende en selfs winsgewende ondernemings gaan omskep nie – skep hierdie opdrag oor die bestuur van inligting wat vir alle burgers van belang mag wees, ‘n moeras waarin goeie bestuur en verantwoording onvermydelik vasgesuig sal word.

Die besluit plaas die regering se beloofde erns met ‘n konsepwet oor vrye toegang tot inligting onder verdenking.

Inligting is soos sake nou staan, reeds dikwels moeilik bekombaar. In gevalle word feite eenvoudig verswyg en weerhou.

Die kabinetsbesluit kan sake vererger, deurdat amptenare en politici mag besluit wanneer hul watter inligting met wie wil deel.

Baie hiervan is maar net nog ‘n nuwe liedjie op ‘n ou deuntjie. Die regering kan nie deursigtigheid en verantwoording tot beweerde sleutelbeginsels van staatsadministrasie verhef en dieselfde beginsels minag wanneer die kabinet besluite tot die voordeel van elke inwoner moet neem nie.

So sê ander

13 November 2016

Look on the bright side of Trump

As critics have said of Donald Trump, even a stopped watch is right twice a day.

He is not wrong about the money that fuels American elections. He is not wrong about the Bush Administration''s invasion of Iraq and not totally wrong about further engagement in the Middle East.

He is wrong to weaken the Nato alliance.

President Obama''s "pivot to Asia" will be a casualty of the change in Washington, as will the Trans-Pacific Partnership and other trade agreements.

His instincts are isolationist. He wants to keep American business and jobs in America and calls little for external trade. He seems unaware of today''s international production chains and his tariffs and taxes would at best reduce economic activity in the world, at worst start a trade war.

He brings much to worry about but there could some bright sides.

• THE NEW ZEALAND HERALD

Kommentaar

Republikein 2025-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer