Wie mag sertifiseer en wie mag nie?
Bekommerde Namibiese Burger skryf:
Wat beteken “Commissioner of Oaths in Namibia, appointed by the Minister of Justice, in terms of Act 16 of 1963”?
Kan dit waar wees dat daar in die regeringsdepartemente en semi-regeringskantore regtig polisiebeamptes en amptenare werk wat nie weet wat beteken die aanstelling van “Commissioners of Oaths” deur die agbare minister van justisie nie? Dit kom nogal baie voor in Erongostreek.
Die minister van justisie mag in terme van Artikel 5 van die Wet op “Peace and Commisioners of Oaths” enige persoon soos deur hom goedgekeur, aanstel as 'n kommissaris van ede.
Dit het nou al gebeur by die NamPol-kantore in Walvisbaai, die kantoor vir die aansoek om enjin- en onderstelnommers, by die MTC-kantore in Swakopmund en by die Social Security se kantore in Walvisbaai dat mense weggewys word omdat die afskrifte of aansoekvorms geteken is deur 'n kommissaris van ede of 'n regsverteenwoordiger, en nie deur Nampol self nie. Die kommentaar op navraag is dat die dokumente wat nie deur 'n Nampol-kantoor geteken is nie, nie wettig is nie.
Ag hierdie amptenare hulself hoër as die magte van die minister, of is hulle swak/verkeerd opgelei?
Waar kan/moet hierdie gevalle gerapporteer word? Sal dit wees aan die minister van justisie homself, of aan die kantore van die ombudsman?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie