‘Wie de hel dink regbank is hulle?’

’n Storm het dié week ontstaan nadat die howe teen kritiek op dié liggame te velde getrek het .
Denver Kisting
Denver Kisting – “Waar kry hulle dié goddelike heilige gees-maniertjies vandaan?”

Só wou die leier van die Landless People’s Movement (LPM), mnr. Bernadus Swartbooi, gister weet ná die regbank teen kritiek op hulle te velde getrek het.

Die regbank voer dikwels aan hulle is nie verhewe bo kritiek nie, tog voel hulle gegrief sodra hulle gekritiseer word, sê Swartbooi.

“Geen kritiek op hulle is geregverdig nie. Wie de hel dink hulle is hulle?”

’n Ander LPM-leier, mnr. Ivan Skrywer, meen die hooggeregshof het in sy onlangse beslissing in ’n aansoek wat die eertydse onafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula, gebring het “klaaglik misluk om die Grondwet te beskerm en te verdedig”.

Dit sluit die demokratiese waardes in wat in dié dokument vervat is, sê Skrywer.

Hy het die beslissing vergelyk met uitsprake wat eie aan die apartheidsregime was.

“Hulle het nie daarin geslaag om ’n veranderende grondwetlike interpretasie in te lei nie, en het nie die gees van die Grondwet behou nie.”

Skrywer meen die regbank se reaksie op kritiek teen dié uitspraak is tekenend van hul verwaandheid “en hulle projekteer hulself as verhewe bo die reg en ’n stelsel op sy eie – buite die ruimte van die soewereine, wat die mense van Namibië is”.

’n Volbank, onder leiding van hoofregter Peter Shivute, het in die uitspraak bevind elektroniese stemtoestelle (EVM’s) mag net weer in ’n nasionale verkiesing gebruik word as dit van ’n naspeurbare papierspoor vergesel word.

Volgens Skrywer het die regbank se reaksie, wat Maandagmiddag by monde van sy woordvoerder, mnr. Ockert Jansen, uitgereik is, ten doel om kritici te boelie.

“Die onafhanklikheid van die regbank moenie net gesien word nie, maar moet ook gesien word dat dit gedoen word.”

Skrywer, nes Swartbooi, erken daar is uitsonderings.

Swartbooi het gister gesê hulle is vasbeslote om die parlement te gebruik om die regbank te kritiseer, maar sal die regbank loof indien dit geregverdig is.

Mnr. Toivo Ndjebela, redakteur van Republikein se susterkoerant Namibian Sun, het gister gesê: “Dit is nie ’n skoonheidswedstryd nie. Hulle kan die laaste sê hê. Die beginsel bly egter dat die president, as hoof van die uitvoerende gesag, nie regters moet aanstel nie. Hy moenie naby daardie proses wees nie. Die wet moet gewysig word.”

Namibian Sun het verlede Donderdag in sy redaksionele kommentaar kapsie gemaak teen die feit dat die staatshoof kragtens die Grondwet regters op aanbeveling van die Regterlike Dienskommissie (JSC) aanstel.

Jansen het Maandag gesê ’n neiging om lede van die regbank in die sosiale en hoofstroommedia te teiken, het sedert verlede jaar se presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings kop uitgesteek.

Hy sê dié aanvalle het in die algemeen ten doel om die regbank of van hul lede uit te maak as óf bevooroordeeld óf nie in staat om onafhanklike, onpartydige beslissings te lewer nie.

“Hierdie ontluikende gebruik het baie ernstige gevolge vir Namibië se demokrasie, regsreëls en die onafhanklikheid van die regbank.”

Jansen sê dit is nie die norm vir die regbank om hulself in openbare verklarings te verdedig nie, maar die beweerde aanvalle neem kwaai toe.

Hul stilswye kan as aanvaarding of regverdiging van die kritiek gesien word, sê hy.

Die woordvoerder het gevra enigiemand wat rede het om te glo ’n regter bevind hom of haar midde-in ’n botsing van belange, geskoei op enige regsgronde, moet vra dat daardie regter van ’n saak verskoon word.

“Aanvalle op die regbank is veral betreurenswaardig as dit uitgevoer word deur dié in openbare ampte of deur diegene verantwoordelik vir ewewig, regverdigheid en om die publiek in te lig en op te voed.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.74 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.19 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.79 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 401.35/OZ UP +0.99% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.78% | Zinc US$ 3 012.50/T UP 1.16% | Brent Crude Oil US$ 83.64/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 1 067.50/OZ UP +0.55% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.74 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.19 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.79 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 401.35/OZ UP +0.99% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.78% | Zinc US$ 3 012.50/T UP 1.16% | Brent Crude Oil US$ 83.64/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 1 067.50/OZ UP +0.55%