WHS toets sy vernuf in Oos-Kaapse fees
Hokkie
Andrew Poolman - Windhoek Hoërskool se eerste seunshokkiespan, geborg deur Coastal Hire, vertrek volgende Woensdag na Makhanda (voorheen bekend as Grahamstown) in die Oos-Kaap vir die spoggerige Kingswood College sportfees wat laasgenoemde skool se 125ste bestaansjaar gedenk.
Die Windhoekers, wat die afgelope jare 'n dominerende krag in die plaaslike skoleliga is, is vasbeslote om hul stempel in Suid-Afrika te gaan afdruk.
Onder afrigterskap van mnr. Johann Weyhe het die ligbloues hul merk gemaak by toernooie soos die Brothers-hokkiefees in Kaapstad, waar hulle in 2016 negende uit 24 skolespanne van oor Afrika en Europa geëindig het.
Die volgende jaar se span het selfs beter gevaar (vierde) by die Brothers-toernooi. Hoewel WHS laasjaar afwesig was, is die 2019-groep vasberade om in Juliemaand 'n medalje daar te gaan verower.
WHS I het sedert 2016 nie 'n ligawedstryd verloor in sy drie opeenvolgende verowerings van die premierliga nie. Weyhe is veral beïndruk met sy spelersgroep se vermoë om hul spelpeil te lig in situasies wanneer hulle werklik onder druk verkeer.
ERVARE
“Elkeen van ons 16 spanlede het reeds sy talent ontwikkel deur Namibië in die verskeie ouderdomsgroepe te verteenwoordig. Ses spelers het reeds vir Namibië se senior manspan in veldhokkie of binnenshuise hokkie gespeel,” sê Weyhe.
Nico Neethling het reeds 'n merkwaardige 143 wedstryde vir WHS se eerste span gespeel, terwyl die onderkaptein Cody van der Merwe 101 wedstryde agter sy naam het.
Die ervare kerngroep sluit ook Gian Dresselhaus (94), Dylan Barnard, Johan Serfontein en Matu Kavikairiua (almal 73 wedstryde) in, terwyl vanjaar se spankaptein Dakota Hansen se huidige totaal op 40 staan.
By die toernooi in Makhanda is hulle egter gegroepeer saam met verskeie skole wat hoog op die ranglys van Suid-Afrika se beste hokkiespanne gereken word.
Net 165 Suid-Afrikaanse spanne verskyn op die ranglys, met nog vele meer sonder ranglysposisies.
WHS se wedstrydprogram is:
Donderdag 25 April: teen York (18de in Suid-Afrika)
Vrydag 26 April: teen Kingswood (42ste in Suid-Afrika) en teen Glenwood House (43ste).
Saterdag 27 April: teen Hudson Park (22ste), teen St. John's (tiende) en teen Woodridge (15de).
Sondag 28 April: teen Redham (ongekeurd).
WHS se skoolhoof, mnr. Hawie Engels, het gesê die skool se leuse “Deug floreer” word in die eerste hokkiespan weerspieël deurdat die seuns ook akademies uitblink en dat hulle karaktertrekke soos beleefdheid en deursettingsvermoë uitleef.
“Julle uitdaging is voort te gaan om beter te word en die grense van die onbekende te toets,” was sy boodskap.
Die WHS eerste span toergroep is: Dakota Hansen (kaptein), Cody van der Merwe (onderkaptein), Dylan Barnard, David Britz, JP Britz, Gian Dresselhaus, Delron Handura, Fagan Hansen, Owen Hatton, Matu Kavikairiua, Henning Kruger, Morné Meyer, Matthew Mouton, Nico Neethling, Johan Serfontein, Nathan van Niekerk. Spanbestuurder: Me. Yolande Barnard.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie