WHS Old Boys gee pas aan; United aan wenkant
Krieket
Andrew Poolman – Die huidige titelhouer Ceiling Centre WHS Old Boys hou alleen die voortou in Krieket Namibië se premierliga vir eendagformaat (50 boulbeurte) aan die einde van die tweede naweek se wedstryde.
Sy uitdager Samsung FNB Wanderers, wat ook op die openingsnaweek wenpunte ingesamel het, het Saterdag 'n loslootjie gehad.
Die groter diepte wat WHS Old Boys geniet, was opnuut te sien in sy oorwinning met sewe paaltjies teen CCD Tigers by Windhoek Hoërskool se Vegkopstadion.
Vanweë swaar reën oornag is die begin van die wedstryd vertraag en uiteindelik is die kragmeting tot 30 boulbeurte per span beperk.
Die besoekende Tigers se kolfbeurt het op 92 almal uit geëindig, met verreweg die beste kolfbeurte deur paaltjiewagter Wayne Raw, wat met 'n paar grenshoue tot die aanval oorgegaan het in sy 21 lopies van 36 balle.
Die beste periode vir die span in oranje was terwyl Raw vir Thomas Sithole as kolfvennoot gehad het, wat twee viere geslaan het in sy 19 lopies van 19 balle.
Die CCD-span se topvyf kolwers het egter gesamentlik nie naastenby genoeg lopies bygedra om 'n stewige totaal moontlik te maak nie.
Stephen Baard (2 van 6 balle) was eerste uit toe hy deur sy nasionale spanmaat Craig Williams (2/7 in 3.3 boulbeurte) been-voor-paaltjie betrap is. Sy aanvangsmaat Ramon Wilmot is was die eerste van vier vangskote vir die dag deur Tangeni Lungameni, en die eerste van Divan la Cock se vier paaltjies as regterarm draaibouler.
Joshuan Julius (6), Nicol Loftie-Eaton (7) en kaptein Pikky ya France (6) sou ook almal teleurgesteld in hul bydraes gewees het.
Nog een van CCD se nasionale spelers, hul aanvangsbouler Ben Shikongo, het as nommer agt ingestap en is op skouspelagtige wyse uitgehardloop nog voordat hy vir sy eerste bal kon stelling inneem. Shikongo is geklop deur 'n direkte trefgooi van die nasionale Eagles-kaptein Gerhard Erasmus, wat inderdaad tans in elke afdeling van die spel 'n toonaangewende figuur is.
Uiteindelik het Divan la Cock die beste van die tuisspan se boulers gevaar, met vier paaltjies vir 8 lopies in ses boulbeurte. Craig Williams (2/7 in 3.3 boulbeurte) het ook sy ondervinding gewys.
In hul antwoord het WHS Old Boys sy aanvangspaar Wimpie Viljoen (6) en kaptein Zane Green (13) kort ná mekaar verloor.
Die kolfvernuf van Gerhard Erasmus (27 nie uit nie van 22 balle, met twee viere en 'n ses) en Craig Williams (35 van 22 balle, 3x6 2x4) het die span in blou egter op koers gehou vir 'n maklike sege in hul jaagtog na 'n klein teiken.
CCD se een aanvangsbouler, Elton Ambambi, het in sy enigste boulbeurt die kluts kwyt geraak met 14 wydlopers en het uiteindelik 17 lopies afgestaan.
Ben Shikongo (1/15 in 3 boulbeurte), Nicol Loftie-Eaton (1/20 in 4.2) en Pikky ya France (1/13 in 1) het elk een deurbraak gemaak.
KUSSPAN VERSLAAN
Trustco United het sy eerste wenpunte in die eendag-premierliga ingesamel, danksy sy tuissege met agt paaltjies teen die kusspan MR24/7 Welwitschia.
Die besoekende kusspan se kolfpoging het ver te kort geskiet, toe almal vir 87 lopies uitgeboul is. Hul enigste kolwers wat vir 'n tydjie ingegrawe was, was Shalako Groenewald (26 van 24 balle) en Matthew de Gouveia (35 van 59 balle, 1x4 2x6).
United het vir Hendrik van der Walt (2) vroeg verloor, maar hierna het Adam Bassingthwaighte (29 van 66 balle) en Nyashadzaishe Nyasha (44 nie uit nie) tot bykans die einde saam gekolf.
Laasgenoemde was as aanvangsbouler ook uitstekend op dreef met 3/28 in 5 boulbeurte. Andre Siepker het net 2.3 boulbeurte afgestuur, maar het 'n merkwaardige vier paaltjies vir net een lopie platgetrek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie