WHS klop vyf uit sewe RSA-skole
Bishops, sesde op die Suid-Afrikaanse ranglys, was een van die spanne wat voor die Windhoekers die knie moes buig.
Andrew Poolman
Die seunshokkiespan van Windhoek Hoërskool het oor die afgelope week gewys dat hy heelwat gevaarliker is as die gewigsklas waarin buitestanders hom mag skat.
Van die topgerekende hokkieskole in Suid-Afrika moes voor afrigter Johann Weyhe se WHS-span die knie buig tydens hul afgelope vakansietoer in die buurland.
Reeds voor hul vertrek het hulle op tuisbodem gewys waartoe hulle in staat is toe hulle St. David van Johannesburg met 2-1 geklop het. Cody van der Merwe se twee doele het klaargespeel met 'n span wat vanjaar negende op die Suid-Afrikaanse ranglys is.
Tydens hul toer na die Wynberg veldhokkietoernooi in die Kaap waarheen net die uitsoekskoolspanne genooi word, het WHS sy openingswedstryd teen Hoërskool Outeniqua van George met 4-1 gewen. Die doelskieters was Cody van der Merwe (2), Ivan Semedo en Dakota Hansen.
Hul volgende slagoffer was Suid-Afrika se sesde gerekende seunshokkiespan in 2017, naamlik die Kaapse spogskool Bishops.
'n Driekuns deur Dylan Barnard en nog 'n doel deur Dawie Fourie het vir die indrukwekkende wentelling van 4-0 gesorg.
Paarl Boys High was volgende en is met 1-0 geklop, danksy die wendoel deur Kevin Barnard. Later die dag moes WHS egter met 1-0 die knie teen Paarl Gimnasium buig.
Die Windhoekers se enigste ander verloorwedstryd was teen Somerset College (2-0). “Die Kaapse span het omtrent net twee doelkanse in die wedstryd gehad, terwyl ons seker twaalf goeie kanse geskep het sonder om die doelhok te tref,” sê Weyhe.
Vir oulaas is die toer met nog twee indrukwekkende oorwinnings afgesluit. Stellenbosch Hoërskool (5-0) moes toekyk hoe Nico Neethling (2), Dakota Hansen, Kevin Barnard en Mattu Kavikairiua die telling laat aangroei. Bellville Hoërskool is ook met 4-1 verslaan danksy treffers deur Phillip van Schalkwyk, Barnard, Neethling en Kavikairiua.
“Suid-Afrika se ranglys word tot sy top-64 beperk, terwyl ons in Namibië net ses skole het wat premierliga-hokkie speel. Die uitslae wys dat WHS baie kompeterend teen die topskole is,” sê Weyhe.
Volgens die afrigter was een van die middelveldspeler Dakota Hansen se doele so skouspelagtig dat toeskouers deurgaans die kykweer wou sien. Wietz Meyer was baie stewig op die verdediging en Dawie Fourie was baie gevaarlik op die aanval, sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie