Whiteley lei Leeus in Haaitenk

Rugby
Christo Buchner - Warren Whiteley keer terug as kaptein en agtsteman vir die Leeus se Superrugby-wedstryd môre in Durban teen die Haaie.

Dit is die eerste keer sedert Maart dat hy weer vir die Rooibontes in Superrugby gesien sal word. Die Gautengers se Springbok-haker Malcolm Marx maak ook sy terugkeer nadat 'n dyspierbesering hom uit die reeks teen Engeland gehou het.

Courtnall Skosan, wat nog nie vanjaar vir die Leeus Superrugby gespeel het nie, is as 'n plaasvervanger gekies. Hy het verlede week in die SuperSport-uitdaagreeks sy terugkeer na die speelveld met 'n driekuns aan drieë teen die Blou Bulle gevier.

Met Whiteley op agtsteman is Kwagga Smith een van die flanke. Die veelsydige Ruan Combrinck is op regtervleuel gekies.

Leeus: Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Warren Whiteley (k), Cyle Brink, Kwagga Smith, Franco Mostert, Marvin Orie, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Dylan Smith.

Reserwes: Corné Fourie, Jacques van Rooyen, Johannes Jonker, Lourens Erasmus, Hacjivah Dayimani, Marnus Schoeman, Nic Groom, Courtnall Skosan. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer