WhatsApp vir 18 September 2020
WhatsApp vir 18 September 2020

WhatsApp vir 18 September 2020

Francoise Steynberg
Hoekom word onderwysers wat nie Afrikaanssprekend is na Groot-Aub Sekondêre Skool gestuur om Afrikaans as 'n taal aan te bied. Jy as onderwyser kan nie die taal praat nie, maar jy wil dit vir die kinders aanbied. Dit is die tweede persoon wat hierheen gestuur word wat kastig die taal moet aanbied, maar wat self nie die taal kan praat nie. Hoe werk so iets? Dis mos nie regverdig teenoor die kinders nie.



Goeie dag. Wil tog net aan die personeel by Lady Pohamba-hospitaal by die Covid-19-afdeling bedank vir hul goeie diens. Sal u nooit vergeet. - Annaly



Daar is 'n ooglopende vertragings­taktiek waarneembaar by die verkiesing se registrasiebeamptes. Dit grens aan nalatige diensverrigting. Hordes potensiële kiesers kon nie registreer nie as gevolg van hierdie taktiek en ek dink dit is 'n opdrag van die boonste kaders van die Swapo-regime, want hulle het groot moeilikheid.



Diere gaan dood. Diere vrek nie, want diere is baie beter wesens as moordenaars, wreedaards en korruptes. - Betsie

Kommentaar

Republikein 2026-06-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer