WhatsApp 9 April 2021
WhatsApp 9 April 2021

WhatsApp 9 April 2021

Dani Booysen
"Entstof-apartheid". Die president moet eers die sogenaamde apartheid hier stop. Duisende Namibiërs weier om entstof, wat reeds beskikbaar is, te neem. Daar is ander burgers wat dit wil neem - maar as jy nie in die voorgeskrewe "groep" val nie kan jy vergeet. Stop julle diskriminasie en gee entstof aan almal, onmiddellik. Dan weereens, "Namibië moet op vriende soos Indië en China staatmaak." 'n Opening vir die volgende “rot”-sage.



Otijwarongo. Kan die sandwalle asb. weggevee word op die hoek van Sonstr. en Ramblerstr. by die driffie. Ons moet oor die walle ry! En al die grasse kan uitgespit word, want dit haal makliker uit as die grond nat is. Dit lok net slange.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer