Ons in Bethanien het ‘n groot probleem met die polisie. Sake word aangemeld, maar dit word nie kop toe gevat nie. Iemand word geroof of geslaan en daar is nie ‘n voertuig nie. En as daar veediefstal aangemeld word, is daar ‘n voertuig. Net omdat hulle die vleis kan benut? Sodra iemand met dagga gekla word, is seker vyfstuks “vans”.
Miskien sit daar baie daar buite met dieselfde vrae. Ek is ‘n enkelouer wat baie verneder word in die gemeenskap deur my kind se pa. Ek het geweet wie my kind se pa is en was eerlik. Hy het DNA-toetse laat doen en dit het as match uitgekom. Ná al die trauma en alles is hy gesê hy moet onderhoud betaal. Hy gebruik sole guardianship as verskoning, vir ‘n jaar en nege maande het hy niks gedoen en stel ook nie belang om die kind te sien. Ek het besluit ek gaan hom nie meer aanmeld oor onderhoud nie, want daar word niks gedoen. Ná al seer en vernederings het ek besluit ek gaan nie meer smeek nie. Die wet kon my ook nie rêrig help nie. Ek het ek besluit om my kind alleen groot te maak. Dis baie moeilik, maar jong dames, druk deur en bly op julle voete met gebed dat ons as enkelouers ons kinders tot die beste van ons vermoë grootmaak.
Ombudsman en ombudsvrou moet Rhb bietjie kom besoek om te kom kyk wat met die kindersake gebeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie