WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Okahandja was nog nooit so swak bestuur nie. Waternood vir dae, geen geld vir noodaankope, slaggate in paaie, vuil dorpsomgewing, korrupte munisipale beamptes, geen munisipale raad, geen kommunikasie met inwoners, straatbeligting wat nie oral funksioneer nie en meer. En so weet hulle (CEO) alles, maar laat toe dat dit verder stagneer. Is dit hoe 'n dorp bestuur word deesdae? Ek vra maar net.



Ek kan nie glo Psemas skop 17 000 lede af nie. Daardie mense het hulle lewens lank vir die staat gewerk. Oom Calle, ek is sprakeloos. Die mediese dienste by staatshospitale is treurig. Ek hoop die ou ministers val in die groep. Miskien moet ek nie verbaas wees nie, want misdadigers word as ministers aangestel en as iemand weer sê ons moet Katrina vergewe dan is my antwoord nee. Die mediese fonds van die staat is “Psemas rot”. – Wanda Richter



Kan iemand my help, want dalk is my brein te klein. Die netto salaris van N$2 miljoen na aftrekkings wat die geagte me. Hilia Nghiwete verdien: is dit maandeliks of jaarliks? (Jaarliks) Ek verneem ook graag waarvoor is die N$53 763,82 wat maandeliks geëis word. Betaal die geagte lede ooit belasting? Dit is 'n skande teen die spoed wat bedrog in Namibië gepleeg word.



06.03.2020. Augetto sê maar net! 100% vir jou skrywe "Báie om te vier op Onafhanklikheidsdag" Wil nou weet, lees die betrokke (regerings-) persone dit darem ook? Veral die outjies wat so moan oor al die verkeerde optredes? Vat tog asb. hande en gebruik jul Godgegewe verstand. Bid, bid en nogmaals bid vir groot genade. En lees ons president die Republikein? Willem de Wet se skrywe ook? (06.03.2020) By julle moet seker baie gelag word oor al die briewe en uitlatings? En oooo eeee Hoeraaa! Amen. Baie dankie vir gebede wat verhoor is. Die president waarlik die Katutura-hospitaal besoek. Mag hy die tyd vind om ook saam met ander ministers die ander probleme te ondersoek sodat werklik oplossings sal kom. – Ouma Em



Baie ongelukkig. Swak diens. Ek het verlede jaar, die 2de Desember, aansoek gedoen vir 'n WiFi-lyn by my huis. Het dit deur 'n Telecom reseller gedoen. Ek moes 'n maand wag voor ek 'n reference nommer kry. Bel ek die reseller, dan sê sy hul wag nog vir die nommer. Die telefoon is eers in Januarie 2020 geinstalleer. Die reseller sê hul kry nie samewerking van Telecom se mense nie. Wil graag weet wat gaan Telecom aan die ­situasie doen. Baie mense kla oor swak diens. CEO, kyk na julle diens. Kyk dat julle mense hul kliënte tevrede stel. Ek gaan weer van my laat hoor.



Ons moet die omroepers by ­Kaisames help om die taal reg te lees, reg uit te spreek en ook help om dit reg te vertaal. Om hulle te vervang, is nie 'n oplossing nie. Ek het ook 'n probleem met die uitspraak van sekere woorde soos /khuru, in plaas van /huru (speel), /khuwu in plaas van /huwu (moeg), ens. Daar is mense wat jong omroepers kan help om die taal reg te gebruik. Ek dink dit het tyd geword dat ons moet inspring voor Khoekhoegowab 'n ander taal word. Jammer dat ek hierdie dinge in 'n koerant skryf. Die radio is een van die grootste hulpmiddels en as ons net sit en ­kritiseer sal ons nêrens kom nie, maar tyd mors. Die omroepers probeer hul bes. Ek geniet al die programme en ons het die beste omroepers, wat net ons hulp nodig het. Kom ons sit koppe bymekaar om te help. Ons het 'n baie mooi taal. Baie dankie.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer