WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Die een is vir die persoon wat my Toyota Etios se wieldoppe afgesteel het en die persoon wat dit gekoop het. Ek hoop julle is “happy” met julself en meneer die koper, ek hoop jy besef jy bevorder misdaad deur gesteelde goedere te koop. Daai persoon wat dit aan jou verkoop het, het seker nie eens 'n kar nie. En vir die res van Namibië wil ek vra, rapporteer as jy iets verdag sien. Hou op wegkruip agter verskonings. Vra jouself af hoe sou jy voel as jy die skade gekry het. En mense, hou op goed van die straat koop as die verkoper nie kan bewys dis syne of hare nie. Want jy bevorder misdaad.

Kommentaar

Republikein 2025-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer